Verified Reviews
Agulhas
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Agulhas
Rated 4.7 out of 5 based on 606 reviews.
"Fantastiese kusdorpie met lieflike restaurante en winkeltjies. Baie vriendelike mense en baie dog friendly omgewing. Sal beslis weer gaan kuier!"
"Vriendelike inwoners, heerlike kos en 'n paar winkels met unieke voorraad. Pak jou drafskoene of fietse in. Pragtige kuslyn wat kan benut word vir stap, draf of fietsry."
"Om die ligtoring te besoek en tot bo te klim is die moeite werd. Die houtpaadjie wat na die mees suidelike punt van Afrika aangelê is, is 'n heerlike, veilige manier om daar te kom. Die dorpie self is pragtig en Potpourie bied iets vir almal."
"Loved the coffee shop with all the items to buy. Lovely coastal drive to Struisbaai. My grandson loved going up the lighthouse which is down the road from Pa Nanna's. "
"'n Dorp met 'n aangename atmosfeer wat aan die verwagtinge van 'n klein kusdorp voldoen. Die hoogtepunt om aan die mees suidelike punt van Afrika te staan (met foto as bewys!), was 'n besondere ondervinding. Agulhas Nasionale Park verdien ook erkenning vir die uitstekende omgewing en fasiliteite wat hulle geskep het! "
"Struisbaai & L'Agulhas is die lekkerste en beste vakansiebestemming in Suid-Afrika. Kom al 46 jaar daar en verruil dit vir niks. "
"Die weer was nie te lekker nie. Dit was koud en nat toe ons die Vrydag daar aankom. Ons kon toe nie die plek lekker bekyk nie. Die aand het ons heerlike vars seekos by Die Zuidste Kaap Restaurant geniet en in die middel van die somer by 'n warm kaggelvuur gesit. Buite was dit koud, winderig en nat. Ons sal baie graag weer wil kom en 'n bietjie langer vertoef, miskien dan in 'n selfsorg plek. Daar is baie besienswaardighede en geskiedkundige plekke wat ons nie besoek het nie. "