Verified Reviews
Ballito
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Ballito
Rated 4.7 out of 5 based on 1106 reviews.
"Ballito is een van die lekkerste vakansiebestemmings! Mo-Zam-Bik kan ek beslis aanbeveel as mens lus is vir lekker eet, goeie diens en lekker atmosfeer. Die malls wat naby is en die skoon strande is beslis ook 'n groot aantrekking!"
"Heerlike en gesellige strand met verskeie mooi golfbane in die omgewing."
"Daar is baie te sien en 'n baie mooi plek. Ek is baie lief vir swem in die see, so persoonlik verkies ek die suidkus bo die noordkus. Maar sal dit definitief aanbeveel aan vriende en oorsese besoekers."
"Dit was ons eerste besoek aan Ballito en hy het my verwagtinge oortref met sy pragtige see-uitsigte en plantegroei langs die see. Ballito het sommer diep in my hart gekruip en ons sal vir seker teruggaan soontoe in die toekoms. "
"Lekker klein plek om vakansie te gaan hou. Strand is redelik skoon, maar twyfel of dit werklik van Blouvlag-standaard is en het die getypoel baie geniet."
"Ongelukkig nie die ideale swemstrand nie, maar wonderlike natuurskoon en baie netjies."
"Die "klein" vakansiedorp is besig om te verdwyn. Selfs buiteseisoen was dit bedrywig"
"Ballito-omgewing het in 'n wolkekrabber-omgewing verander. Die strande ly skipbreuk met die Suidkus en die Suid-Kaap. Die eetplekke is ongelooflik duur en van die restaurante het onsmaaklike kos."
"Alles is daar wat jy benodig. Miskien sal 'n Chinese eetplekkie met wegneemetes goed wees, maar verder geen probleem."
"Ons het die 4 dae baie geniet, ten spyte van die feestyd. Genoeg verskillende seeplekke vir mense wat kan loop en klim, asook lekker restaurante en winkels. Aangename atmosfeer en pragtige uitsigte en heerlike plekke vir gesinne om te geniet: gety- en rotspoele en 'n variasie van lang strande en verskillende tipe swemareas."
"Baie mooi omgewing, maar beslis nie gunstige strande vir jong kinders om in te swem nie. Daar is wel getypoele, maar kinders wil graag in die golwe baljaar. Ons het meestal Durban toe gery sodat die kinders kon swem. Swemareas word vinnig diep met sterk systrome. Miskien moet ontwikkelaars dit oorweeg om kegelbane by een van die nuwe opkomende winkelsentrums te installeer. In die aande en dae wat dit nie gunstig is vir swem nie, sal dit baie beslis goeie aftrek kry. Maar oor die algemeen is dit 'n baie lekker en veilige area om vakansie te hou."
"Ballito is a great destination with a lot to do and see in the area. Durban and surroundings is not that far. There are a number of shops and malls in the area."
"Ongelukkig baie kommersieel - nie so rustig soos wat ek dit 25 jaar terug kan onthou nie, maar bly steeds 'n gunsteling."
"Ballito is besig om baie vining te ontwikkel en te kommersialiseer met baie malls wat opduik. Die dorp verloor bietjie sy identiteit met al die handelsname orals, maar die strandgedeelte en woonstelle op die strand bly lekker met die lang promenade. As Gautenger wat wil ontsnap van winkels en malls is dit jammer die plek ontwikkel so baie. Maar as jy die winkelsentrums kan vermy en fokus op die strand, dan bly dit 'n uitmuntende bestemming vir oud en jonk. "
"Ballito is 'n heerlike vakansiebestemming. Dink die uitbreiding van die nuwe winkelsentrums sal dit verseker verbeter.."
"Various of beaches and a beautiful promenade. The lifestyle centre is versatile and there is a variety of restaurants."