Verified Reviews
Beaufort West
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Beaufort West
Rated 4 out of 5 based on 1694 reviews.
"Besoek gerus die Savou Hotel se restaurant, die diner-styl is oulik gedoen en die porsies is gul."
"'n Ou historiese en interessante dorp en omgewing wat meer as net oorslaap en aanry regverdig. Bly gerus vir meer as een nag en verken en geniet wat die omgewing bied."
"Ons was vriendelik by die vulstasie en winkel behandel toe ons later die middag 'n paar inkopies gedoen het en brandstof ingegooi het."
"As dit nie was vir die N1 wat deur Beaufort-Wes gaan nie, sal nie baie toeriste daar stop nie. Dis 'n goeie plek om te stop en oor te slaap."
"Daar sal wonderlike geleenthede wees in en om Beaufort-Wes vir toerisme, maar soos gewoonlik op die klein dorpies waar jy gaan is in SA is bedelary 'n groot probleem."
"Ons het die Karoo gasvryheid baie geniet. Oulike restaurant met lekker melkskommels en baie windpompe om af te neem!"
"Ons het net oornag, so ons het nie veel tyd gehad om die dorp te verken nie, maar kan wel 4sheep restaurant en winkeltjie aanbeveel vir 'n inloer."
"Ongelooflik ontwikkel vanaf die laaste keer wat ons hier deur is. Lekker om van die groter kettingwinkelgroepe en wegneemrestaurante hier te sien."
"Slaap al baie jare daar en sukkel elke keer om iets lekkers te ete te kry. Ek ry maar my eie saam."
"Heerlike vleis te koop by die eerste vulstasie as jy van Drie Susters se kant die dorp binnekom."
"Mooi omgewing en lekker vir oorslaap of 'n dag of twee vertoef om die omgewing te verken."
"Ryk aan geskiedenis en museums indien jy in die geskiedenis belangstel. Geboorteplek van Dr Christiaan Barnard wat die eerste hartoorplanting gedoen het."
"Binne seisoen maak julle plaaslike restaurante effens later toe en laat weet die Gastehuise sou julle dit oorweeg."
"Na 'n 1000 km is dit fantasties om Beaufort-Wes te bereik en te ontspan. 4 Sheep 'n heerlike restaurant."