Verified Reviews
Bellville
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Bellville
Rated 4.4 out of 5 based on 264 reviews.
"Baie sentraal en op al die hoofroetes. Vermy egter Voortrekkerweg. Eetplekke in Tygervallei heel skaflik."
"Bellville is gerieflik naby N1 en dis maklik om terug te ry huis toe. Dis ook baie netjies in die strate en hy het ook vele inkopie sentrums en supermarkte."
"Dit is ideaal en sentraal geleë as 'n mens baie te doen het in Kaapstad."
"Bellville is baie sentraal, asook sy omliggende buurte soos Durbanville, Tygervallei, Parow en Kuilsrivier, met als wat mens verlang om byderhand te het, as om al die pad Kaapstad toe te ry."
"Dis sentraal, naby alle groot winkelsentrums en redelik naby aan die see."
"Goed geleë en binne 'n goeie afstand van als wat ons wou doen."
"Vir ons behoeftes was dit goed en sentraal geleë. Sal dit aanbeveel as toeristebestemming, afhangende waarnatoe toeriste natuurlik wil gaan."
"Dit was naby die area waar ons moes wees en was nie nodig om te jaag en ure in verkeer te sit nie."
"Naby genoeg aan die stad, maar tog ver genoeg om uit die gedruis te wees. Baie goed geleë tussen Kaapstad en die Wynlande. Verblyf is goed geprys in vergelyking met die Wynlande. "
"Well maintained road infrastructure, close to shopping malls and central to most tourist sights. Area kept neat and clean."
"Baie rustige area. Naby als en die mense is ongelooflik vriendelik, wat ons baie tuis laat voel het en het uit hul pad gegaan om ons te akkommodeer. "
"Kaapstad self is die toeriste aantreklikheid met Tafelberg, die kusplekkies; veral Kaappunt en die historiese voorstede. Bellville is egter nie te ver geleë van hierdie toeriste aantreklikhede nie. Daar is egter groot winkelsentrums binne maklike bereikbare afstand van Bellville soos Tygervallei en Canal Walk."