Verified Reviews
Bethulie
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Bethulie
Rated 4 out of 5 based on 204 reviews.
"Bethulie self het nie veel om te bied nie. Ons het baie lekker by die Ou Kar geëet. Ons was baie teleurgesteld dat die hotel kettings voor die deur gehad het. Ons wou graag die plate en boeke versameling sien."
"Bethulie is 'n pragtige, skoon en netjiese dorpie met baie vriendelike en hulpvaardige mense."
"Hierdie is 'n wonderlike dorp en omgewing digby soveel dinge van histories en geografiese belang, waarvan die Gariepdam met al sy eienskappe en infrastruktuur maar een is."
"Kamp Kerkhof en die langste brug in SA is absoluut die moeite werd. Ook gedenkwaardighede in dorpie."
"Bethuile is a hidden gem as far as stopovers go. Such a quaint village and we always enjoy a walk to the beautiful dam. Even just walking around the town is lovely."
"Klein dorpie, dit lyk nie of daar veel aangaan nie. Kan wel die Kar restaurant aanbeveel."
"Ons dink is goed om Bethulie te gaan ervaar. Veral indien jy baie van geskiedenis hou. Klein dorpie met heerlike etes by die Ou Kar."
"Konsentrasiekampkerkhof (dankie Lente), Pellissiermuseum (dankie Trudie), Ossewaspore, Gariepdam, pragtige brug oor die Oranjerivier, die Ou Kar-restaurant - baie meer as wat ons verwag het."
"Baie lekker om die Hennie Steyn-brug te besoek met sononder. Hele paar interessante feite oor Bethulie geleer."
"Baie potensiaal as toeruste-bestemming. Plaaslike regering moet meer aandag aan die dorpie besteë en paaie in stand hou."
"'n Mens kan sien die dorpie het 'n finansiële hupstoot nodig, daarom help ons gesin eerder die toerisme industrie van Bethulie as wat mens die ou gewone plekke wat op hoofroetes is. En as mens op n juweel soos The Aloes af kom dan maak dit mens bly."
"Baie klein geskiedkundige dorpie. Baie vriendelike mense wat daar bly! Hulle kort beslis meer bemarking - om die gemeenskap te help. Dis 'n jammerte die Bethuliedamoord het toegemaak. Dis 'n pragtige plek."
"Bethulie is a small historic town off the beaten track, and sadly appears rather worn and neglected - the historic graveyards are closed, as well as the museum, and the hotel where, according to travel magazines, one can obtain valuable information about the town's history, can only be accessed with prior arrangement. Our hosts thoughtfully provided an informative booklet on the town in the apartment, which assisted to an extent."