Verified Reviews
Blanco
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Blanco
Rated 4 out of 5 based on 34 reviews.
"Dit is baie mooi daar en ek en die honde het die stap deur die strate geniet. Dit is effens ver van winkels af, omtrent 10 min se ry na die hoofdorp toe."
"Did not see much of Blanco itself but we did notice how clean the suburb is. The local Spar had everything we needed."
"My verwagtinge oortref aangesien ek vantevore verneem het van sosiale uitdagings daar."
"Besige area met redelik baie verkeer in die straat. Gemengde besighede in die straat. Nie ideale gastehuis-omgewing."
"Ek het eers gedink dat dit nie te veilig lyk nie aangesien ons ook van die dorp se kan af ingekom het. Op pad terug lughawe toe het ons besef hoe naby aan Fancourt dit is. Miskien moet hulle net noem dat dit 'n blok van Fancourt is aangesien almal dit ken."
"Die mense is baie vriendelik, dit was lekker om in die dorpie te kuier."
"Ek was aangenaam verras met die pragtige Superspar met die lekkerste tuisgemaakte pizzas. Regtig iets om te besoek."
"Die mense was vriendelik en baie hulpvaardig. Kon heerlik geselsies aanknoop en het my as deel van die gemeenskap laat voel. Ek het nog nooit in George/Blanko oornag nie, maar hierdie plek sien my beslis spoedig weer!"
"Blanco was perfect for where we needed to be so would recommend it for anyone who doesn't want to be directly in town. "
"Moeiliker om te bereik en sowat 20 minute uit die middestad. Die rustigheid van die omgewing vergoed daarvoor."
"Blanco is lekker naby aan die lughawe en die Redberry farm, maar is effens ver as jy dorp toe wil gaan veral omdat die groot mall aan die ander kan van George is. Baie mooi area met groot bome en stil en rustig. Pragtige krismisrose groei al langs die pad langs huise se buite mure soos wat mens inry dorp toe. "