Verified Reviews
Bloemfontein
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Bloemfontein
Rated 4.1 out of 5 based on 2068 reviews.
"Roads need attention. But then again everything is failing because of goverment's poor performance."
"Ongelukkig het Bloemfontein baie agteruit gegaan en dit is hartseer om te sien."
"Have always loved Bloemfontein, have always wanted to visit the Women's Concentration Camp which I did. Went to visit the Oliewenhout Art Musuem, loved the art and the building."
"Bloemfontein is nie meer die pragtige stad wat dit in die 90's en 2000's was nie. Ons sal slegs daar aandoen omdat ons daarlangs verby gaan op pad na die noorde. Dit is ongelukkig ook een van daardie plekke wat verval het en soos 'n tipiese verwaarloosde en vervalle Afrika stad lyk."
"Dit was hartseer om te sien hoe daar by sekere dele van die dorp hope vuilgoed langs die paaie gelê het, en die paaie vol slaggate is."
"Ons het lank in die Vrystaat gewoon en redelik gereeld in Bloemfontein gekom vir werk en medies. Bly 'n mooi dorp, maar baie jammer oor die infrastruktuur wat so agteruit gaan."
"Ek was bietjie teleurgestel in die koue. Dit kon maar bietjie kouer as -3 gewees het. Ons het die Vrouemonument besoek asook Grey Kollege waar my kleindogter en haar dansmaats tuisgegaan het en winkelsentrums. Sal graag die Planetarium en Kuns Museum ook eendag wil besoek."
"Ek dink dit was baie skoon gewees en gras was kort gesny teenoor 'n vorige keer wat ons daar deurgery het. Maar die keer het ek gedink dat dit die skoonste stad buiten miskien die Kaap is. Beslis was ons beïndruk dat na die toets toe ons by die stadion verbyry daar geen gemors om die stadion te sien was nie. Alles was skoon en in sakke. En netjies die hele stad deur. Was lekker om weer te sien 'n plek kan sonder rommel wees."
"Bloemfontein is nie 'n vakansiebestemming nie, basies 'n oornagdorp op pad na die Kaap of terug na Gauteng."