Verified Reviews
Bloubergstrand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Bloubergstrand
Rated 4.7 out of 5 based on 1064 reviews.
"Perfect for tourists, the sea is a stone throw away. It's centrally located and travelling to V&A Waterfront, Table Mountain as well as other tourist attraction sites are easy. The best place to visit. "
"Mal oor Bloubergstrand - pragtige uitsig oor Tafelberg en die stad! Groot bonus was die "kite surfers" wat die Saterdag reg voor ons woonstel gevlieg het!"
"Goed gesitueer. Naby al die mooi besienswaardighede. Maak net seker dat jou reisplan beplan word dat jy nie in spitsverkeer ry nie, alhoewel, ek moet sê Kaapstad se bestuurders is nogal geduldig. Ek het natuurlik die "kite surfing" op Blouberg baie geniet. Ons was bevoorreg om meer as 100 van hulle op die strand te sien beweeg. Maak seker Blouberg is op jou reisagenda."
"Beautiful boulevard at Big Bay, nice cafes and restaurants. A great place to relax, enjoying the sun, the beach and the kite surfing. "
"Alles wat 'n mens van 'n strandvakansiedorp verwag. Pryse dalk hoog vir Suid Afrikaners, maar tog binne perke."
"Baie rustige plek. Meeste eetplekke se mense is baie vriendelik met 'n lekker atmosfeer."
"Die wind waai, die see is koud. Mense geniet "windsurfing" baie daar. Die verkeer is baie besig oor die behuisingsdigtheid wat daar aan die gang is. Lieflike see-uitsigte."
"Dis pragtig. Dis defnitief die plek as jy wil "kite surf". Daar is genieg restaurante, winkels en garages in die omgewing vir alles wat jy mag nodig hê. Die strande is troeteldiervriendelik. "
"Pragtige plek met die mooiste uitsig op Tafelberg. Sal verseker weer in die area bly."
"Dit was asemrowend mooi! Sal definitief in die toekoms bietjie langer daar wil oorbly!"
"Bloubergstrand is vir ons die beste plek om tuis te gaan in die Wes-Kaap. Die berguitsig kan jy nêrens anders beter kry nie. Die stad se liggies in die aand is briljant en dis naby alle groot sentrums terwyl jy die meeste en grootste gedruis van die stadsverkeer misloop. Daar is permanent 'n vakansiegevoel in Bloubergstrand wat dit vir ons plaasjapies elke keer 'n heerlike ondervinding maak."
"Blouberg is, soos altyd, 'n fantastiese blyplek! Die wind het egter heeltyd gewaai, maar tot voordeel van die seilplankryers."
"Ons is versot op Bloubergstrand. Dit is 'n lekker stil area, veral in die aand, en daar is verskeie koffiewinkels wat uitstekende koffie en ligte etes bied. Verseker ons gunsteling vakansieplek."
"Dit was ons eerste besoek en het voldoen aan al ons verwagtings en meer."