Verified Reviews
Boknesstrand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Boknesstrand
Rated 4.4 out of 5 based on 31 reviews.
"Dit is 'n pratige strand! Die 6 dae daar was heerlik. Baie stil en rustig. Sal dit enige tyd weer besoek."
"Beautiful and secluded. It is important to take all supplies with you since there aren't any supermarkets in the vicinity. Boknessstrand does have a small convenience store that stocks most of the essentials. It is close to Cannon Rocks, Kenton-on-Sea, Alexandria, Bushman's River Mouth and Port Alfred, so you have the option of travelling to those towns for sight seeing and so forth."
"Lekker rustige vakansiedorpie. Mooi groot strand en lagoon. Lekker vir die hele gesin. "
"Boknes is 'n pragtige, stil en veilige strand. Die mense is vriendelik en die omgewing is ongelooflik mooi. Ek sal enige tyd weer soontoe gaan. Die naaste dorp is Kenton-on-sea wat ongeveer 15 minute se ry van Boknes af is en het alles wat nodig is. "
"Dit is 'n heerlike stil en rustige stranddorp wat ideaal is vir mense wat nie ooraktief tydens hul verblyf/vakansie is nie. Dit is so geleë dat toeriste maklik hierdie deel van die Oos-Kaap en sy natuurskoon ook kan deurreis en geniet."
"'n Weggesteekte wonder! Dis jammer ek het nie jare gelede eerder daar in 'n vakante plot belê nie!"
"Beautiful part of the world. The only drawback is that the shopping facilities are very limited, and you need to travel a short distance to get what you need. However, I will happily return with my family."
"Dis 'n pragtige strand. Dias Kruis is net 'n 3,7 km stap vanaf Boknesstrand. Die monument het ongelukkig deurgeloop onder vandale. Tog hartseer dat ons dag na dag plastiek en ander rommel op die strand moes optel. In vakansietye is dit wonderlik, maar buite seisoen is daar nie lewensredders nie."
"Boknesstrand is voorwaar 'n versteekte diamand. Skoon en rustig. Dit is ongetwyveld die perfekte wegbreek vir die stad-voos vakansieganger."
"Boknes was slegs 'n verby ry ondervinding totdat ek daar ingedraai het m.b.v. LekkeSlaap, en wat 'n ondervinding! Regtigwaar 'n weggesteekte juweel reg onder ons neuse!"
"Boknesstrand is 'n stil, rustige plekkie vir mense wat wil wegkom van die besige strande se gewoel en gewerskaf."
"Dit het eintlik ons verwagtings oortref. Die lagoon is heerlik. By die sterre bo moet nog 'n halwe bykom: dus 9 uit 10."