Verified Reviews
Border Area
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Border Area
Rated 4.3 out of 5 based on 1510 reviews.
"Lekker stil en rustige omgewing sonder 'n oormatige hoeveelheid verkeer om in rond te beweeg."
"Dit is die mooiste, rustigste en vriendelikste plek ooit 'n Besoek aan The Tea Room is 'n moet! Die kos is lekker en bekostigbaar en die diens goed. Die strand is mooi skoon en ons het veilig gevoel daar. Hou aan met die goeie werk Kidd's Beach!"
"Dis 'n baie lekker toeristebestemming. Veilig, en rustig net wat mens nodig het vir 'n vakansie!"
"Kan nie glo dit het soveel jaar vir my gevat om in Oos-Londen te kom nie, pragtig!"
"Een van die mooiste plekke in Suid-Afrika en 'n bes bewaarde geheim. Hoop dit bly so."
"Gonubie is ideal vir 'n wegbreek vir jou as persoon of gesin. Dit is'n pragtige en veilige gebied waar alles binne loopafstand is. Jy verlaat die plek as 'n nuwe mens.Ek glo almal moet die stukkie Paradys besoek. "
"Baie vriendelike mense. Van die SPAR, die slaghuis en deli tot die oulike pannekoekplekkie by die strand. "
Gxarha (Morgan's Bay), Border Area
Seaside Holiday House"Klein dorpie met een winkel. Baie goed vir ons! Seestappies sonder end."
"Dit mag intimiderend lyk, maar besoekers moet tog die duine klim. As jy eers bo is, is dit die moeite werd."
"There is not much reason to go to Rhodes unless one has a specific purpose. The mountains are attractive and the passes are awesome. Be aware that there are no shops in Rhodes and that only a limited amount of petrol is available from a local resident - there is no filling station."
"Ons het Gonubie toe gegaan om 'n siek familielid te besoek. Ons sal nie daar vakansie hou nie. Die paaie is in 'n erge toestand, veral die aand toe dit gereën het, was dit 'n probleem om nie die motor seer te maak in die gate nie. Maar dit is nie die inwoners se skuld nie, die Munisipaliteit moet hul werk opskerp. Ons het net van die woonstel na die familie gegaan, ons was nie by die strand of enige ander plek in Gonubie nie."
"Vat jou tyd! Dis bietjie uit die pad en neem nogals lank om daar uit te kom. So bestee ten minste 2 dae daar, sodat jy al die mooi en lekkerte kan inneem."