Verified Reviews
Britannica Heights
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Britannica Heights
Rated 4.5 out of 5 based on 51 reviews.
"Stil en rustig. Geen gejaag van karre en trokke soos in die stad. Geen heinings of kettings om alles toe tesluit. Waarlik veilig soos op n plattelandse plaas, met nag geluide en al. Die area is nog nie so verskriklik ontwikkel nie. En die mense is vriendelik en opreg."
"Jy kan die hele baai sien, so ver soos Velddrif. Ook kan jy Paternoster aan die ander kant sien. Dit is werklik baie mooi."
"Misdaadvrye gebied met baie gawe en behulpsame mense. Die uitsig vanaf die koppie oor die see en hawe is iets besonders."
"Gaan maak 'n draai in die hawe - dis baie toeganklik vir die publiek met heelwat goeie foto-geleenthede. "
"The view is stunning and we had a true West Coast experience. Friendly people and the community is so supportive. The secluded area we stayed in gave us the rest and tranquility we desired. I love it and will be back soon."
"Ek het gehou van die ligging. Baie mooi uitsig, stil en rustig, veral in die aande. Dit is wat ons stadsjapies nodig het om weg te breek van die besige lewe."
"Dit bied rustigheid met al die kleinhoewes, geen verkeer en die ongelooflike uitsig van alle kante. Dit is naby alle fasiliteite."