Verified Reviews
Buffalo City
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Buffalo City
Rated 4.4 out of 5 based on 1018 reviews.
"Dit is so 'n pragtige area en ek voel dat die polisie in die area beter beheer moet hou oor die geraas in die karavaanpark na 10 snags."
"'n Baie aangename, mooi plek om in vakansie te hou en ideaal geleë: naby die stad, maar as mens daar is voel dit glad nie so nie."
"Die paai is baie sleg. Winkels kan miskien oor Kerstyd en Nuwejaar oopmaak en/of langer oop bly."
"Dit was die eerste keer wat ek Nahoon besoek het en ek was beïndruk met die ligging. Ons het verskeie plekke besoek tydens ons vakansie daar en al ons bestemmings was binne 10 min. se ry van ons af. Die strand is lieflik en maatreëls word streng toegepas. Wat 'n fees om Nuwejaarsdag daar te kon spandeer sonder enige moeilikheidmakers of besope vakansiegangers. Dit is daarom ideaal vir gesinne."
"Die enigste negatiewe terugvoer is dat daar nie goeie restaurante by die see self is nie."
"Die dorp se strate is skoon. Die strand is skoon, maar iets moet gedoen word oor die gebreekte glas en bottels op die rotse!"
Beacon Bay North, Buffalo City
TeBeacon Accommodation"Die omgewing is baie stil, rustig en baie skoon en netjies! Ek dink te veel toeriste gaan die plek se skoonheid skend!"
"Gonubie lyk na 'n baie aangename plek waar 'n mens jou skoene kan uitskop en ontspan. Dis 'n skoon dorp met goeie restaurante en fasiliteite, regtig 'n aangename verrassing!"