Verified Reviews
Burgersdorp
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Burgersdorp
Rated 4.1 out of 5 based on 38 reviews.
"Die restaurant op die dorp was vol lewe en kindervriendelik, ons het dit vreeslik baie geniet."
"Dorp is skoon en 'n funksionerende plattelandse dorp. Beter as die omliggende dorpe."
"Buite die goeie diens van DeKat is die dorpie net so vriendelik en behulpsaam. Baie oulik en regte ou plaasdorpie, die mense is vriendelik en maak almal hul deure oop vir hulp. As jy wel daar oorslaap, moet nie die gholfklub misloop nie, vriendelike diens en kos is baie lekker. Geniet die pragtige groen uitsig met verversings van die bar en bietjie sport met die dorp se mense wat gholf speel. Definitief 'n dorpie om te besoek."
"Strate in die dorp in 'n slegte toestand, maar heeltemaal bruikbaar met 'n gewone motor."
"Gaan loer gerus in by die taalmomument en Queen Victoria Goeie Jubelee Fontein. Net vier in die wêreld. Elk het interassante storie, maar gaan ongelukkig vergete raak. Die blokhuis by intrap staan nog paraat op wag."
"In vergelyking met ander plattelandse dorpe in die area is Burgersdorp in buitengewone goeie kondisie. Dit was lekker om die dorp te kon sien."
"Die dorpie self is baie mooi tussen die berge. Ons het dit egter net as oornagplek gebruik op pad na PE. Dit is net ver genoeg om die laaste ent pad sonder moeite af te lê. Die paaie in die omgewing is in goeie toestand en ons met gemak die snelheidsperk handhaaf. Ook baie min verkeer op die pad wat ons gery het."
"Baie interessante historiese geboue. Die ingange na dorp is erg rommelbestrooi en aandag moet daaraan geskenk word. Eerste indrukke is dikwels blywend."
"Die dorp self is skoon en netjies. Mal oor die geskiedenis van die dorp, ou geboue en daar was 'n "live jazz show" die Saterdag-aand, wow, die klein plekkie is lewendig. Ons het die grondpaaie om die dorp verken - 'n beeldskone, prentjie-mooi wêreld."
"Wish the municipality would improve on the entertainment/recreational facilities and at least have KFC for fast food, especially for visitors and local community. Create some job opportunities for those in and around the town."
"Die paaie rondom Burgersdorp is in 'n uitstekende toestand. Natuurskoon is asemrowend."
"Burgersdorp is 'n baie klein geskiedkundige dorpie. Ons was op 'n Sondag daar en het nie veel winkels oop gekry nie. Maar dis 'n baie mooi dorpie, ek het veral van die kerke gehou. "
"Baie lieflike dorp. Baie opgewonde om daar te gaan bly. Ons trek middel Januarie 2020 soontoe."
"Eerste oornag. Baie deurritte. Sal graag meer wil ontdek. Lekker platteland. Verval van dorp vanaf Steynsburg moet aandag kry. Dorp egter netjies."