Verified Reviews
Calitzdorp
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Calitzdorp
Rated 4.2 out of 5 based on 394 reviews.
"Soos in baie dorpies is die hoofstraat nie aantreklik nie, maar neem gerus die tyd en ry in die agter straatjies om die juwele te ontdek."
"Lekker Winterfees met aangename besoek aan al die wyn/port kelders en eetplekke. Pragtige natuurskoon met tonele wat mens bybly."
"Calitzdorp is vir 'n rustige wegbreek van die stadslewe! Hier kan jy ontspan in die natuur en die gasvryheid van die mense ervaar."
"Nice stop off with good restaurants on some of the wine farms offering decent food at generally fair prices."
"Werklik aangenaam verras, veral met ons Groenfontein rit en stopplekke langs hierdie pad. Het besondere kunstenaars ontmoet en die mense van Calitzdorp is oor die algemeen baie vriendelik. Portproe was ook 'n uitblinker!"
"Ongelukkig was ons tyd te min om die dorp behoorlik te verken. Was verras met verskeidenheid van eetplekke die aand."
"Op aanbeveling van die eienaar van die Dorpshuis het ons die sirkelroete buite die dorp gedoen - neem tyd en doen dit! Daar is plek op die roete waar etes genut kan word. Stop en kry 'n goeie uitsig oor die Calitzdorp dam. Besoek ook gerus De Krans wynplaas. Wynproe is beskikbaar en pryse is relatief tot goeie kwaliteit wyne."
"Was mal oor die Saterdagoggend "vibe". Van Mooiuitsicht drankwinkel se vrolikheid tot Boplaas se flair."
"Mense moet onthou om hulle eie vleis saam te neem indien hulle wil braai. Die slaghuise op die dorp laat veel te wens oor."
"Ons wou rus, saam met familie kuier en 'n mooi omgewing beleef. In die opsig het ons alles gekry."
"Kleurvolle geboue, lekkerste kos en besonderse mooi omgewing. Ry al die passe!"