Verified Reviews
Calvinia
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Calvinia
Rated 4.2 out of 5 based on 554 reviews.
"Dis 'n lieflike dorp, maar dalk moet hulle die vleisfees skuif na 'n lang(er) naweek sodat mens dit kan bywooon (op die oomblik is dit net 'n gewone naweek). Oulike dorp met lieflike mense."
"Mooi Karoo-dorp. Het Chris Schoeman se "The historical Karoo" publikasie nuttig gevind om historiese geboue & besienswaardighede in dorp te vind."
"We only had a short stay there, but we had the opportunity to dine at the famous Blou Naartjie Restaurant. "
"Dit is n pragtige en baie netjiese dorpie. Dit het diep in my hart gekruip en die mense in die dorp self was net so vriendelik en behulpsaam."
"Rustige dorp - net die plek om te kom asemskep of jou verwonder aan die pragtige sterre saans."
"Daar was geen eetplekke geadverteer veral as Calvinia vir dié rooivleis skaapvleis sentraal bekend is."
"Calvinia bestaan uit baie ou historiese geboue wat goed onderhou word. Die dorpie het genoeg winkels waar jy jou koskas weer kan aanvul. Daar is ook twee goeie restaurante om by te gaan eet."
"Dit is gerieflik geleë om as 'n basis te gebruik om omliggende plekke te besoek. "
"Die dorpie is klein en interessant. Die mense is vriendelik en gasvry. Ons was met ope arms verwelkom in elke plekkie en het heerlik geklets met almal. Die personeel van die museum was regtig vriendelik en die gasvrou van die bed en ontbyt by die Old lady was aangenaam."
"Ons vertrek nooit uit die dorp sonder om 'n lekker skaaplam te koop nie. Die smaak is net iets besonders. Calvinia sal maar altyd op my reisplan na die Noord-Kaap wees."
"Goeie plek om oor te slaap en 'n paar dinge te beskou: die ou kerk, ander geskiedkundige geboue en sommer ook die geskiedenis van die dorp."