Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"Heerlike stap- en fietsryroetes, ons het ure in die berge rondgestap. Die mense in die dorp was vriendelik en die biltong en kos heerlik!"
"Daar sal altyd spasie wees vir uitbreiding. Die dorpie het opknapping nodig. Ons kon die planetarium besoek, maar teleurstellend met Covid, geen toegang gehad na die SALT-teleskoop nie. Sterland-sentrum vir sterrekyk het 'n onverwagte groot getal mense gehad vir 'n Maandagaand. Om en by 50. Dit was insiggewend."
"Besigtiging van die hemelruim was fantasties, maar die dorp self kan aantrekliker gemaak word vir toeriste."
"Sutherland is perfek vir dié wie van die stilte hou, wil sterre kyk sonder enige lugbesoedling asook daardie wie sneeu wil beleef."
"Veral die Tankwa is ’n onderskatte deel van ons land, met sy uitgestrekte vlaktes en saans sy sterreprag en natuurlik sy mens-mense. Maar dit is dalk ook goed so, dan behou hy sy stil en rustige karakter en word nie oorbewei soos veld in die droogte nie."
"Benodig nog 'n kruideniersware-handelaar om pryse te stimuleer, Spar is uiters duur."
"Merweville is 'n pragtige dorpie - dit het vir my 'n absolute hartsplek geword en ek sal enige tyd daarna terugkeer! As ek kon, sou ek myself sommer daar wou vestig!"
"Die sterrrekyk by planetarium was die moeite werd. Aanbieding was uitstekend."
"Pragtige, karaktervolle dorpie met interessante plekkies om te besoek. Baie artsy. Sal weer kom."
"Prince Albert is an unexpected oasis of charm and culture that evokes the best features of a bygone era."
"Quality food at Die Meule restaurant & star gazing at Sterland was educational, fun & amazing."
"Die dorpie is pragtig skoon met voldoende winkels. Die ou huisies is pragtig in stand gehou en ons het dit geniet om daarna te kyk. Die Swartbergpas en Meiringspoort is byderhand om die natuur te geniet! Ons is voëlkykers en was nie teleurgesteld met die verskeidenheid nie. Ons het Prins Albert tevore besoek en sal dit weer doen!"
"Moeilik om regverdige kommentaar te lewer. Ons was veels te kort daar. Moes ten minste nog 'n nag of twee oorgebly het. Die tyd was nie reg vir 'n besigtigingstoer nie en die teater was ook nie oop nie. Die persoon wat spookstories vertel was met vakansie. Sal graag weer wil gaan en hoop om meer te kan doen."