Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"Dit is 'n netjiese en trotse dorp, die klein teater en Gin Bar is definitief 'n aanwins vir die plattelandse dorp."
"Ons ry altyd deur Sutherland oppad na ons Karoo-plaas net buite Carnarvon. Was heerlik om te stop en die gasvryheid van so ‘n outentieke dorpie te beleef!"
"'n Wonderlike bestemming met vriendelike mense en 'n paar goeie eetplekke. Moenie net oorslaap nie - stop 'n paar dae!"
"Baie interessante plekkie, maar dit is asof die besigheideienaars gelukkig is met sub-standaard. Die dorpie het soveel potensiaal. Ongelukkig kan die reuk van urine jou afsit , orals waar ons gestap het het dit na urine geruik. Sterland is die beste uitstappie tydens ons besoek. SALT was 'n ander ondervinding, hulle aanvaar kontant by die curio winkel maar nie as jy jou toer wil betaal nie. Emmerskoplysie item - gemerk. "
"Skilderagtig, interessant met 'n ou-wêreldse en rustige atmosfeer. Min restaurante."
"Ladismith is a small town with its own attractions and interests and we did not spend much time there. I think it would be unfair to give it less than 5 stars."
"A quaint little town surrounded by scenic nature, enjoyable even in the -1ºC cold of July. Experienced a bit of snow on Swartberg Pass for the first time. Definitely a great place to explore if you enjoy a slower pace and exploring nature on foot, mountain bike or motorbike."
"In die Karoo kan mens werklik tot rus kom na 'n dag op die pad en die sterre is 'n bonus. Wens ons kon langer bly."
"Natuurlik baie koud gewees. Sal in somer kom sterre kyk. Kinders het baie lekker in oorblywende sneeu gespeel. Baie lekker geëet by Cluster d'Hote. Beste lamskenkels in die wêreld. Nie genoeg tyd gehad om alles te sien nie, sal definitief die dorp weer besoek."
"Die Sterrekyk by Jurg Wagenaar en besoek aan die sterrewag en Louw huis was werklik ‘n belewenis. Dis jammer, maar duidelik soos in so baie kleiner plattelandse dorpe, dat owerhede die waarde van onderhoud en verfraaiing onderskat. Vergeleke met, bv. Merweville en Prins Albert kom die dorp self verwaarloos voor en dis jammer, want Sutherland is die moeite werd om te besoek. "
"Fantastiese plek met asweome mense en eetplekke! Wonderlike plek om 'n paar dae net rustig te wees, die vars lug te geniet, asook die pragtige helder sterre."
"Besoek al die restaurante en winkels en ondervind die Prins Albert dit trap diep spore in jou hart."
"Baie om te doen in die omgewing, die wynroete is regtig naby, dan is daar ook natuurlik Sutherland en Matjiesfontein."
"Pragtige plek met mooiste berge en vriendelikste mense gaan eet by Kannaland en beleef die gasvryheid eerstehands."
"Moenie in die winter by Total diesel ingooi nie! Dit het vir ons voertuig oneindige moeilikheid veroorsaak."
"Dorpie het baie potensiaal vir toeriste attraksies. Ek sou beslis 'n lekker koffie en koek winkel wou open en dalk aktiwiteite vir kinders ontwerp."
"Ek sal altyd terugkeer Sutherland toe. Die heerlikste skaaptjoppies gekoop by die slaghuis daaronder. Die kos van die Withuis in die hoofstraat was buitensporig lekker. Die sop, die lamsburger en die steak was tops en sal ons definitief weer daar gaan eet. Lekker."
"We loved the natural beauty, the journey there, the stars, the stargazing experience at Sterland (highly recommended), and the accommodation at Primrose Cottage. However, trying to see the NP Van Wyk Louw house and the church turned out impossible (we had a phone put down in our ears at one point). Also, the restaurants are somewhat overpriced and wishy-washy in their hours. Be prepared for a real small-town, afternoon nap attitude to tourism."