Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"Quiet and nice, small city. It's a good stop if you decide to do the Swartberg pass (and before it visit the huge and beautiful Cango Caves)."
"Die Kokkedoorstoor was vir ons teleurstellend. Ek het gedink dat dit 'n belangrike landmerk in Prins Albert sou wees, dit is egter 'n erg verwaarloosde plek. Wat 'n jammerte, want dit kan as 'n groot toeriste-attraksie bemark word."
"Dit is beslis die moeite werd om dalk meer as een nag oor te bly want daar is nogal baie om te doen en sien."
"Ons was by die "Show Room", wat 'n aangename verrassing. Die restaurante en koffiewinkeltjies en galerye is almal die moeite werd. Sal weer hiernatoe reis."
"Sutherland is een van daai plekke wat jy minstens een keer moet besoek. Behalwe vir die unieke bekoring van die Karoo en die warmte van die mense, is 'n besoek aan die Sterrewag iets besonders. Die grondpad van Ceres af deur die Tankwakaroo is 'n belewenis, maar jy moenie daar gaan staan nie want die son gaan jou vasdruk en niemand gaan weet waar jy is nie, maar die unieke Karoo-landskap en die harde wêreld is iets om te beleef."
"Die dorp is pragtig en netjies en daar kan gesien word dat die gemeenskap hard werk aan hulle mooi dorp."
"Die "rooi bus" toer sterk aan te beveel. Die toergids wonderlik. Na toer kan mens doenlys saamstel. Al die inwoners doen moeite om die dorpie te bemark en die ervaring so aangenaam moontlik te maak. 'n Ondervinding uit die boonste rakke!"
"Prins Albert is 'n "kunstige" dorpie wat definitief die afdraai vanaf die grootpad die moeite werd maak."
"Prins Albert het veral die laaste 5 jaar werklik ontpop as 'n toeristebestemming. Die dorpie se geskiedenis het 'n ryk erfenis en daar is baie om te ervaar, bo en behalwe die rustigheid wat die aantrekking is. Die kleinerige gemeenskap doen baie moeite om die dorpie mooi te maak en die "TLC" is werklik verstommend."
"Baie warm (duh - einde Desemeber - kon dit verwag het), maar baie vriendelike mense. Winkeltjies, kafees en restaurante baie oulik en lekker. Prickly Pear maak die lekkerste pizza."
"A quaint little town with everything at hand, a few eateries with good food. We were very impressed with the cleanliness while walking our small dauchshunds in the early morning. Very quiet. Beautiful surroundings. Awesome. "