Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Ag jinne, alles in die Kaap is mooi en dit werk. Dis maar net een van daai plekke in ons land wat jou laat besef hoe mooi land ons het, afgesien van al die ander dinge waarmee ons moet deel in SA. Dis altyd 'n goeie bestemming vir vakansie en daar is meer as genoeg om jou besig te hou sodat jy nie verveeld raak nie. As jy in die Kaap verveeld raak op jou vakansie is dit een van 2 goed wat jou hinder - jy het nie genoeg geld om te beweeg en dinge te doen en sien nie, of jy is self 'n vervelige mens."
"Geen dag hoef vervelig te wees nie. Daar is meer as genoeg opwindende dinge om te doen en te besigtig in die pragtige landstreek."
"Kaapstad en omliggende gebeide bly nou maar een van die top toeristebestemmings in die land."
"Great place, seems so much safer than anywhere else in South-Africa. So clean, one can even use public toilets at the beach."
"Kaapstad is 'n baie mooi stad. Die weer was koelerig en reënerig en ook winderig. Kaap was nog nooit anders nie. Covid-19 het tog invloed gehad op my beweging."
"Ons Huisie and On the Rocks Restaurants recommendable for any meal!"
"Besoek Die Damhuis in Melkbosstrand. Geskiedkundige gebou en restaurant. Besoek Kirstenbosch Botaniese tuin met sy canopy walk, sowel as die Aquarium, V&A Waterfront."
"Ek is verbaas hoe verskillend Kaapstad van Gauteng is. Ons was 5 jaar laas daar, maar dis nou nog meer duidelik as voorheen. Absoluut skoon, aanvaarbare verkeer, geen kolkgate nie. Dis net die parkering in die middestad wat onbeskikbaar was wat dit onmoontlik gemaak het om die besienswaardighede te besoek met klein kinders, want hul kan nie so ver stap nie. Ons was op die berg en dit was asemrowend, maar was nie Robben Eiland toe nie a.g.v. die malligheid by V&A Waterfront. Weereens 'n tekort aan parkering naby die verlatingspunt na die eiland. Kaapstad is 'n pragtige plek. Ek beny die mense wat dit hul permanente tuiste kan noem."