Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Welgemoed is strategies geleë t.o.v. toegang vir toeriste na die Weskus, die N7 deur Namakwaland na Namibië, die N1 deur die wynlande noordwaarts en die N2 deur die Rûens en die Tuinroete suid- en ooswaarts. Verder is Welgemoed een van die gesogste woonbuurte in die noordelike voorstede met 'n landelike atmosfeer, en geensins blootgestel aan industriële aktiwiteite nie. Van die hoogste aangeskrewe Mediese sorgsentrums, Laer- en hoërskole asook inkopie sentrums is binne 'n radius van ± 5 km bereikbaar. Dit is eenvoudig "lekke-rer-rer" om 'n inwoner van Welgemoed te wees! "
"It was easy for us to travel from Parow to the University of the Western Cape, Bellville and Cape Town (via the N1). Parow is really centrally situated as a travel destination."
"Everything was central toward whatever your plans are while you are there even the airport, malls university's and the beach."
"Dit was vir my wonderlik om te sien dat mense 23:00 in die nag nog steeds op die strand drentel, mense nog swem, en vrouens draf sonder om bekommerd te wees. Ons ken dit nie. "
"Dit is naby die Waterfront en veral Langstraat het 'n lewe en karakter van sy eie. Beslis 'n rondloop werd wanneer mens in die Kaap kuier."
"'n Baie lekker dorp, alles gerieflik naby. Die strand is ook mooi skoon."
"Heerlike strand om in te swem asook stappaadjie langs die rotse. Sentraal geleë vir besoeke aan Kaappunt, Simonstad, Kalkbaai en Kommetjie omgewing. Die verkeervloei gedurende spitstye in die hoofstraat is stadig. Ons sal na 9 in die oggende (weeksdae) met 'n motor daar probeer ry. "
"Noordhoek is so naby aan alles! Jy hoef nie in Kaapstad self te bly nie, want van Noordhoek af is dit net 'n halfuur se ry tot baie toeristebestemmings en dis still en rustig! Definitief 'n lekker plek!"
"Lieflike, rustige en veilige woonbuurt met alle nodige besighede binne stapafstand en slegs 5 minute se ry vanaf Bloubergstrand. "