Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Heerlike strand vir gesinne. Veilig op die strand, maar ouers moet ooghou oor kinders wat in see swem."
"Naby Somerset Mall en die lughawe is binne 20 min bereikbaar."
"Awesome area to stay. Out of the craziness of the busy town centres, but still centrally located to get to many places quickly!"
"Baie skoon omgewing met genoeg sekuriteit. Baie historiese aantreklikhede in stad."
"Naby aan Kaapstad, Stellenbosch, inkopiesentrums en lieflike restaurante."
"Strand self is baie interessant. Die eetplekke is nie duur nie en al die groot kettingwinkels is binne maklike stapafstand. Die Karoo Kombuis en die Belgian Waffles was ongelukkig al wat ons kon beproef, maar beide kan hoogs aanbeveel word. Ons sal graag in die toekoms as toeriste wil gaan. Mense is deur die bank vriendelik. Die stap langs die strand af so teen sononder was lieflik. Ons is gedurig vriendelik gegroet. Die volgende dag het ons amper weggewaai, wat weer 'n heel ander ondervinding was. Werklike mooi ouer huise maak stap in die strate 'n fees."
"Ons het malverlief geraak op Durbanville, ooptes, amper plaas-atmosfeer, tog heerlik naby Kaapstad en wynplase. Sal enige tyd weer in Durbanville verblyf bespreek."
"Gesien hoe die strande in die oggend skoon gemaak word en hoe mense op hulle oggend stappie sommer papiere optel en in die vuilisdrom gooi. Goeie mense, beeldskoon strand, stunning uitsig oor Tafelberg."
"Vredehoek is perfek as jy nog naby aan die stad wil wees, maar net ver genoeg van die gejaag. So naby aan 3 lekker restaurante, 'n parkie vir kinders en nog beter, klipgooi van die stap roetes wat die berg bied. Dis net amazing!"
"Nuwe puik promenade vir alle doeleindes. Nuwe pretpark vir kinders. Lekker oop strand om te kan swem, speel en stap."