Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Ek het familie in Bellville wat die bestemming gemaklik naby maak, maar sou andersins steeds nader aan Kaapstad self wou bly as ek 'n toeris was."
"Pragtige plek met die mooiste uitsig op Tafelberg. Sal verseker weer in die area bly."
"Strand is 'n pragtige plek! Jammer oor die padwerke, maar sien uit daarna om die eindresultaat te sien."
"Ek dink na die bouwerke by voltooi gaan wees, gaan Strand definitief een van Kaapstad se "go to" plekke word."
"Uitstekende bestemming. Jy beleef rustigheid in Strand - maar dis so sentraal dat jy kan uitry na al die mooi plekke rondom Strand, nie meer as 'n uur se ry uit nie! Die sonsondergange is ook asemrowend mooi."
"Dit was asemrowend mooi! Sal definitief in die toekoms bietjie langer daar wil oorbly!"
"Bloubergstrand is vir ons die beste plek om tuis te gaan in die Wes-Kaap. Die berguitsig kan jy nêrens anders beter kry nie. Die stad se liggies in die aand is briljant en dis naby alle groot sentrums terwyl jy die meeste en grootste gedruis van die stadsverkeer misloop. Daar is permanent 'n vakansiegevoel in Bloubergstrand wat dit vir ons plaasjapies elke keer 'n heerlike ondervinding maak."
"Het dit baie geniet om daar oor te bly. Lieflike plek met pragtige meubels en fasiliteite."
"Ons het net in Brackenfell oorgeslaap omdat ons vir besigheid daar was. Dit was ook gerieflik na aan winkels."
"Strand is so naby alles. Jy bly naby die see, al bly jy dieper in Strand in, die see is naby, maar om Kaap toe te ry, of Hermanus of Bloubergstrand of selfs Kaappunt toe, is alles naby genoeg vir 'n daguitstappie. Ek bly altyd in Strand as ons die Kaap besoek."