Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Ek gee drie sterre omrede Kaapstad self en 'n mooi plek soos Simonstad werklik onveilig, onaantreklik en eintlik steurend voorkom a.g.v. al die straatmense wat oral bly en daar veral stereotipe winkels met min verbeelding wat oral opdoem is. Aanvoelbare onveiligheid in Langstraat en die toenemende "seedy" drink- en kuierplekke maak van Kaapstad 'n degraderende city. Dieselfde tendense was 10-15 en selfs 5 jaar terug in Sentraal PE en 20-25 jaar terug in JHB aan die gang. Vandag is daardie areas beslis nie meer op die lys van toerisme aantreklikhede nie!"
"Kaapstad is ongelooflik mooi, die mense daar is baie vriendelik, jy voel veilig en welkom en net as jy dink jy het die mooiste gesien dan sien jy nog iets mooiers. Beplan jou vakansie en doen navorsing oor wat daar als is om te doen. (Hou jou SA Id altyd naby, Suid -Afrikaners kry heelwat afslag by sekere plekke.) Wanneer dit 'n mooi dag is kanselleer jou planne en gaan besoek Tafelberg of Seepunt anders mis jy dit dalk."
"Ons kom gereeld hierheen en het ook familie hier dus is dit vir ons meer as 'n toeristebestemming. "
"By die kasteel was daar plakkers wat daar gebly het en in publiek urineer. Stel slegte indruk."
"Cape Town is great. Brackenfell is not a tourist destination, it's a suburb in the northern suburbs."
"Die strand op Strand/Gordonsbaai was vreeslik vuil en dit was 'n groot teleurstelling. Letterlik verskeie glasbottelstukke uitgespoel (nie eers te praat van die bakstene, plastiek en vuilgoed wat die strand vol gelê het nie) en my kinders moes heeltyd versigtig wees."
"Cape Town is an awesome holiday destination. The hop on hop off bus stop is conveniently near the hotel which makes exploring so much easier. There are so many day tours that we thoroughly enjoyed. The city centre was very safe and we did not experience any moment feeling unsafe. Hout Bay was very disappointing as the beggars made you feel very unsafe. Overall Cape Town was a pleasant experience for us as a family. You really need more time to explore all of Cape Towns' gems."
"Cape Town is wonderful to explore! Public transport is the biggets challenge, but there are ways to move around at a slightly higher expense."
"Ons het die ervarings wat ons in die Kaap meegemaak het baie geniet, en Tafelberg was vir ons 'n wonder. Ons het baie goeie restaurante besoek, en sal moet teruggaan vir 'n paar kuiers om al die besienswaardighede wat ons gemis het te ervaar."