Verified Reviews
Cape Winelands
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Winelands
Rated 4.6 out of 5 based on 5609 reviews.
"Die algemene toestand van meeste aspekte van die dorp is verwaarloos. Dis 'n heerlike, stil en rustige dorp vir iemand wat wil wegkom en vrede kry. Dit mag seker baie warm word, maar die huis waarin ons was het lugreëling vir wanneer dinge te erg raak. Tydens ons besoek was daar nooit krag of wateronderbrekings nie. Die Robertson wynplase en restaurante is net om die draai. Die naasliggende natuurreservaat en die omliggende paaie maak die area ideaal vir bergfietsritte en kort staptoere in die veld. "
Riebeek-Kasteel, Cape Winelands
Church Hills Boutique Guest House"Pragtige plek. Sal volgende keer langer wil bly. Ongelooflike mooi tonele."
"Ons het spesifiek Wellington gekies om oor die Bainskloof pas met ons motorfiets te gaan ry maar ek was absoluut versot op die hoeveelheid ou geboue in die dorp en my kamera het oortyd gewerk."
"Dit is 'n pragtige streek van ons land met mooi, skoon dorpe en verrassende winkeltjies. Die omgewing is orals mooi!"
"Town is beautiful and full of history. Joubert House has a most informative guide. What a beautiful place bursting with history. Route 62 needs more publicity. It is so incredibly beautiful, roads are very good and there's very little traffic. Not enough people know about it."
Riebeek-Kasteel, Cape Winelands
Church Hills Boutique Guest House"Dis 'n juweel net so 'n entjie van die Kaap af. Net wat 'n mens nodig het weg van die stad af. Die omgewing is pragtig en rustig."
"Lekker warm. Het net Taalmonument besoek op die dag aangesien ek ander verpligtinge gehad het, maar sal beslis weer terugkeer om 'n wyntoer of so te doen. "
"McGregor is 'n pragtige dorpie wat te voet verken moet word: die strate met oulike winkeltjies asook die aangrensende natuurreservaat. Ons vertrou dat McGregor nie sal uitbrei om gekommersialiseer te word nie. McGregor sien ons spoedig weer, hopelik in die winter!"
"Daar is so baie om te sien en te doen 4 dae is nie naastenby genoeg nie. Wees voorbereid om baie te loop en bring 'n fiets. Temperature in die somer is aan die hoë kant en die nagte koel nie baie af nie."
"Robertson as toeriste-bestemming is uitstekend, veral as jy 'n wynliefhebber is, met die baie wynplase in die omgewing. Ook die natuurskoon is 'n pluspunt."
"Wat 'n besondere ontdekking van 'n lieflike omgewing wat my aan die Franse platteland herinner het. Klein, rustig, romanties en tog met oulike kunstige winkeltjies en koffieplekkies! Ons gaan definitief in die toekoms weer hier oorbly wanneer ons 'n kans kry!"
"As a regular local visitor to Stellenbosch, it is a great place to visit from beautiful architecture, great atmosphere along the pavement cafes, good boutique shops and a delightful Botanical Garden. Great restaurants too! "