Verified Reviews
Cederberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cederberg
Rated 4.3 out of 5 based on 974 reviews.
"Rus vir jou siel. Spandeer tyd in die natuur en vind jouself. Vind die eie ek in jou."
"Hier is te veel dinge om te doen en plekke om te sien. Ten minste twee weke nodig om alles in te neem!"
"Great to see the dam full again! Pleasant and yummy dinner at local restaurant (Floris), great event attended, Freshpack Fitness Festival Duathlon. Great water fun destination!"
"Clanwilliam is 'n pragtige plattelandse dorp en baie sentraal geleë. 'n Mens kan dus maklik daarvandaar plekke in die omgewing besoek. "
"Interessante, skoon dorpie, met baie besienswaardighede. Jammer ons het die blommeskou in die Flower Church gemis. Die Rooibos Teahouse se skons en tee is baie lekker, asook die Strassberger skoenfabriek. Mense almal baie vriendelik en behulpsaam."
"Wonderlike staproetes en rotsformasies waar jy nêrens anders in die Wes-Kaap kry nie."
"Ons was op pad en het net oornag. Miskien volgende keer langer vertoef."
"Clanwilliam is ideaal geleë vir enige toeris wat deur Suid-Afrika wil toer, maar die dorp se karavaanpark, byvoorbeeld, lyk agtergeblewe, 'n seeroog vir die dorp. Vuil strate is ooglopend en laat jou wonder of jy in hierdie dorp moet oornag."
"Oulike dorpie met organiese rooibosteefabriek waar jy video kan sien en teeproe en koop. Eetplekke maak bietjie vroeg toe en net 2 of 3 geskenkewinkels en mall."
"Nancy's Tea Room het uitstekende ontbyt in 'n stylvolle eetkamer met ver bogemiddelde diens! Hou so aan!"
"Kan nie wag om die tyd te hê om terug te gaan en daar rond te stap en dit behoorlik te verken nie."
"We found Clanwilliam to be a wonderful town. Clean and well laid out with all the amenities one would need for a self-catering holiday. Restaurants and interesting places (such as Rooibos tasting house), are plentiful and classy. The end of August Flower Show in the church hall is spectacular. Friendly community. Clanwilliam is really well situated for day trip access to Namakwa fields of daisies, wine tasting, and the beautiful towns along the West Coast of the Cape Province."
"Pragtige natuurskoon! 'n Ideale dorpie om te kom ontspan en die natuur te geniet. Was 'n heerlike ervaring."
"Gaan eet beslis ontbyt by Nancy se Teekamer! En dalk ook 'n middagete. Die beste bobotie wat ek nog ooit geëet het. En die diens is vriendelik en puik. Doen die moeite om die Pakhuispas te ry in die rigting van Calvinia en stop gerus by Travellars Rest vir 'n koppie koffie. Clanwilliam is 'n oulike klein dorpie met vriendelike mense."
"Clanwilliam is 'n heerlike dorp om vir al tydens die blomme seisoen te besoek. Heerlike klein winkels en ander besoekwaardige juweeltjies is oral te kry. Die blommeskou se uitstalling was ongelooflik en 'n moet vir blommekykers voor hulle verder reis. Dit gee jou 'n baie goeie idee waar om vir blomme te gaan soek. Lekker tee- en koffiewinkels en wonderlike eetplekke. Goeie waarde vir geld."
"Didn't have time to explore the beautiful surrounds, but we would love to go back there sometime."