Verified Reviews
Century City
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Century City
Rated 4.6 out of 5 based on 65 reviews.
"Ek sal beslis terug gaan Century City toe, enige tyd, so ook my gesin. Dit is 'n baie rustige area en 'n mens voel baie veilig in die omgewing omdat daar visuele polisiering is in die hele Century City area. Ek sê nog steeds dat Century City 'n stukkie hemel op aarde is. Jy voel glad nie asof jy in die stad is nie. En beslis 'n huis weg van die huis af. "
"Dit blyk anders as my verwagting, 'n vriendelike verbuikersgerigte area te wees en is sentraal geleë om as basis te gebruik vir vakansie of sake besoek, veral as jy eie vervoer het of van taxi/uber geriewe gebruik maak."
"Century city is baie sentraal en toeganklik van alle kante af. Ons hou van die kanale en en die stap roetes daar om. Bonus is die groot winkel sentrum vir die wat hou van inkopies of net rondloop in die "mall". Hier is baie vir oud en jonk om te doen."
"Van my kollega's wat saam was het gesê hulle sal enige tyd daar bly. Dit het vir my glad nie gevoel asof ek in 'n stad is nie. Het ook altyd veilig gevoel."
"Ver van die strande af, maar die nabygeleë Canal Walk en ander bedrywighede, asook die ligging ten opsigte van die N1 maak daarvoor op."
"Very nice area actually. Huge mall with lots and lots of shops. Something for each personality."
"Ek hou van Century City. Dit laat my dink aan Waterfall-city in Midrand. Die area is mooi skoon en word goed onderhou. Die winkelsentrum het alles was jy benodig met 'n Numetro cinema en baie eetplekke. Baie veilig en netjies."
"Very, very nice place to be in. People were always very helpful, it was a nice surprise, we will back back soon."
"Century City is 'n goeie verblyf opsie naby aan die winkels sonder dat jy hoef te ry. Ek sou dit nie as 'n ontspanne vakansie bestemming kies nie."
"A very safe part of Cape Town where you can even walk around at night. Canal Walk offers all the shops you could possibly desire and plenty of restaurants in one convenient location, surrounded by canals and wetlands."