Verified Reviews
Ceres
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Ceres
Rated 4.4 out of 5 based on 174 reviews.
"Ceres is a very warm in the summer and cold in winter. I was so sick after the sunny weekend, but I think it's because of the dry warm weather conditions, but a very beautiful valley."
"Daar is min te doen in die dorp waarvan inwoners my kon vertel - basies "cider" gaan proe en "zipline". Ek was daar om park run te doen - dit is 'n mooi 5 km-roete Saterdagoggende 8:00 en beslis iets om te doen as jy wil stap, draf of hardloop."
"Pragtige omgewing. So rustig. Gastekamers was naby dorp. En het lugverkoeling in gehad vir die warm aande."
"Ons het Ceres geniet. Ziplining is een van baie besienswaarighedes in die omgewing met baie vriendelike en behulpsame personeel."
"Ons kan die plekkie met vrymoedigheid aanbeveel en ons sal beslis weer daar tuisgaan."
"Ceres het nie veel om te bied vir toeriste nie behalwe die togreiersmuseum en as jy wil gaan "zipline". Daar is ook nie veel restaurante nie, maar aangesien ons net twee dae daar was was daar genoeg vir ons om te doen"
"Ceres is veral in die wintertyd as dit sneeu asemrowend mooi. Bloeiseltyd, wanneer die boorde pronk met wit en pienk blommetjies, is dit ook 'n belewenis en 'n moet-sien ervaring."
"Ceres is my geboortedorp en sal altyd 'n spesiale plek in my hart hê! Net die plek as jy rustig wil wees en na aan die natuur wil voel!"