Verified Reviews
Ceres
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Ceres
Rated 4.4 out of 5 based on 223 reviews.
"Ceres is geleë tussen die pragtigste berge en sommer naby omliggende dorpe. Die Bainskloof-pas is asemrowend mooi. Sal beslis besoek in wintermaande."
"Ceres was op 'n stadium ons droom aftreedorp, maar nie meer nie. Die dorp het baie groot geword, en met twee plakkerskampe voel mens nie eers meer so veilig nie. Ek glo nie ons sal sommer weer daar gaan vakansie hou nie."
"Dit lyk asof cherries pluk en zipline al is om te doen in Ceres as 'n toeris, maar ek kan die cherries pluk hoog aanbeveel, dit was lekker familie pret."
"Ek is gaande oor Ceres vandat ek die eerste keer in 2010 daar was. Sedertdien was ek twee maal in die Kaap en het albei kere het ek 'n punt gemaak daarvan om in Ceres te stop. Daar is 'n oulike geskenke winkel naby die Pick 'n Pay. Ons het nogal geniet om daar deur te loop. Verder is dit net lekker om so mooi dorpie teen die berge in te neem. Vir iemand soos ek wat van vlieghengel hou, is Ceres fantasties omdat byde die Koekedoudam en Lakenvleidam in die omgewing is. Daar is ook 'n paar stroompies om forel in te vang. "
"Ceres is beautiful area, with a rich history. From fruit farms, to rocky mountain areas, with beautiful trails to walk. "