Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3984 reviews.
"Juweel van die Vrystaat. 'n Baie lekker bestemming om oor 'n naweek te besoek."
"Goeie wegbreek opsie uit Johannesburg. Mens kan gaan stap, fietsry en die dorpie se kunswinkeltjies en restaurantjies besoek, so daar's heelwat om te doen as jy van 'n rustige wegbreek hou."
"Short visit to Clarens. Spent an afternoon there driving around the town and enjoyed a visit to one or two art galleries/shops."
"Die natuurskoon is asemrowend en daar is baie plekkies in die dorp om te eet of iets te drink. Die meeste grondpaaie laat mens terug dink aan die goeie ou dae en dis uiters aangenaam om deur die strate te gaan stap."
"Clarens is a lovely city that has a lot to offer: interesting shops, good restaurants and the Golden Gate National Park is nearby and is lovely for hiking. "
"Dit is altyd lekker in Clarens ongeag die weer. Die winkels. Die eetplekke. Die stilte in die aand. Hier kan jy wegkom van stads geraas."
"Pragtige, lieflike en rustige dorp, vriendelike mense, heerlike restaurante en daar is baie om te doen."
"99% van die restaurante en kuierplekke maak teen 21:00 oor 'n naweek toe. Anders is dit 'n baie mooi plek en nie ver om te ry nie."
"Ons love Clarens! Dis sentraal geleë, pragtig en daar is baie om te doen. Dié plek bied kos vir die siel, wens ons kon permanent daar woon! "
"Heerlike dorp met 'n regte vakansie atmosfeer, baie om te sien en doen! Daar is net nie juis kruidenierswinkels nie, so pak maar die nodigste in vir die eerste aand of twee. Maar Clarens is 'n moet op elke bucket list! "
"Clarens is a beautiful small town with lots of bars and restaurants in town. It's also close to Golden Gate mountains and site seeing."
"Om die Asrivier se 'uitval' te gaan bekyk is 'n moet vir almal. Skaars 9 kilometer op die Bethlehempad vanaf Clarens. Sien die 6-meter 'Caledon-Tonnel' pype wat water teen verbasende spoed uit die berg spoeg oor 'n reeks 'weiers' om die spoed af te bring. Golden Gate se hotel en stap roetes is ook 'n skamele 20 km verder op die R712 na Harrismith. Fantasties om na 'n verfrissende stap daar te stop vir 'n rooibos tee en soetigheidjie. Ficksburg se kersie-fees sal ook 'n moet wees in Desember."