Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3984 reviews.
"Pragtige area om te besoek. Veilig en skoon. Pragtige winkeltjies en eetplekkies. Ons het dit baie geniet. "
"Clarens is "amazing"! Veral Maartmaand - die weer, die kosmosse en Clarens is troeteldiervriendelik! Een van Suid-Afrika se mooiste plekke."
"Dit is waarlik 'n besonderse juweel in ons land. Een van my gunsteling vakansiedorpe."
"Soos enige toeristebestemming is die winkels baie duur. Maak seker jy vat baie geld saam, want alles is mooi! Daar is net nie veel vir die kinders om te doen nie, so ek dink nie dis 'n plek wat kinders sal geniet nie. Maar oor die algemeen het ek en my man elke oomblik daar geniet."
"Dit is 'n kosfundi en kunsliefhebber se ideale dorpie en vir die wat iets rustig en warm soek."
"Beautiful surroundings, lovely shops and restaurants were also great. Lovely weekend away!"
"Baie plekkies om te besoek en te geniet. Veral die bierproe en drink by die brouery was lekker."
"Lekker dorpie, heerlike en rustige atmosfeer. Heerlike restaurante, uitstekende gholfbaan en baie besienswaardighede."
"Lovely quaint town. Lots of art stores and good shopping. Be aware that many places including grocers take cash only. Good eating places. Very accessible for day trips. Lots of activities to do in the area."
"Lekker toeristedorpie met genoeg winkels, galerye, restaurante en natuurskoon om van te kies."
"Clarens kort 'n ordentlike supermark. Dis nie almal wat elke dag wil uiteet nie. Maar die verskeidenheid winkels het opgemaak daarvoor, veral die bakkery en die klein slaghuis wat ons nie geweet het daar is nie. "
"Ons was net buite die dorp waarvoor ons baie dankbaar was. Clarens se dorp self is baie besig. "
"Jammer dat ons dieselfde naweek daar was as die Harley Davidson-byeenkoms. Dit was 'n kakofonie van lawaai. Ons het gewonder of 'n droomdorpie soos Clarens werklik kan bekostig om nie-Harley besoekers daaraan bloot te stel. Ons lief die plek, maar dit het ongelukkig afbreek gedoen aan wat 'n rustige, stil verblyf moes wees."
"Clarens as dorpie is uitsonderlik spesiaal met 'n baie aangename rustige atmosfeer. Die omgewing is baie mooi. Ons is deur Golden Gate NP terug en alles was groen na die goeie reën."
"A friendly cosy little town, with lots of ease and tough outdoor activities. A good choice of restaurants and many interesting shops and art galleries. "