Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3984 reviews.
"Die kliëntediens is baie swak in Clarens en geen eetplekke is na 7 in die aande oop nie. Die natuur is pragtig."
"Hier kan jy regtig wegkom van alles en in die natuur ontspan en rus."
"Clarens is great - they should stop the modernization and keep the town's caracter as it is - we have noticed a few modern buildings and changes which is disappointing."
"Clarens is pragtig soos altyd en bied soveel meer om te doen as om net deur die dorpie self te stap. Doen by toerisme inligting aan en doen jouself 'n guns om 'n bestekopname te maak van al die ander aktiwiteite wat die streek bied."
"Almal moet minstens een keer Clarens beleef."
"Die infrastruktuur rondom die plein kort bietjie opknapping (paaie), maar anders as dit nie veel anders nie. Dis 'n geskiedkundige dorpie. Die staproetes by CVC is ook baie goed onderhou en natuurskoon daar is 10/10. Clarens is nie net oor eetplekke, kunsplekke en geskenk winkeltjies nie."
"Clarens is 'n unieke dorp met baie interessante winkels en lekker kuierplekke. Ideaal vir 'n wegbreek van die besige stadslewe."
"Clarens is 'n pragtige sklideragtige dorpie met meer as wat enige toeris kan verwag. Aangename mense om mee te deel. Dis egter baie hartseer/ontstellend dat toeriste gedurig gepla word deur kinders wat die strate vol is en pla. Die plaaslike munisipaliteit kan hulle skaam vir die toestand waarin die dorp se strate is. Die teerstrate is sleg gelap, en die die grondstrate getuig van geen onderhoud van watter aard ook al nie."
"Indien jy van 'n stiller toeriste bestemming hou, besoek Clarens in die middel van die week. Daar is steeds genoeg eetplekke oop om elke ete by 'n ander een te geniet."
"Wees versigtig om hout te koop by straatverkopers. Ons het drie sakke nat hout gekoop en moes einde ten laaste opgee en vleis in die oond gaarmaak. Straatverkoper was die volgende dag skoonveld!"
"Vir kunsmense, natuurmense, koffiemense en vele ander, is dié skat van 'n dorpie een van die lekkerste plekkies om by uit te kom."
"Pragtige natuur en atmosfeer. Sommige stalletjies ook maar net goedkoop gemors. Bied nie baie vir kinders nie."
"Special little town - one of the most beautiful parts of nature in South Africa."