Verified Reviews
Coffee Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Coffee Bay
Rated 3.9 out of 5 based on 90 reviews.
"The area is amazing - just the Hole in the Wall resort is very run down and for R3k a night a would have expected a bit more!"
"Lovely side of the country, so many colours all meshed into one beautiful view."
"Die pad na Koffiebaai is baie sleg, vol potholes. Miskien kan hulle iets doen om die paaie 'n klein bietjie beter te maak."
"Koffiebaai self het in my opinie baie agteruitgegaan en het min om te bied, behalwe die hotel. Dit kan 'n gevolg wees van Covid-19. Maar Hole in The Wall bly 'n asemrowende gesig wat jy nêrens anders kry nie."
"Koffiebaai is 'n stukkie ongerepte natuurskoon. Die mense is egter arm en desperaat vir toeriste om hulle karre op te pas of rond te neem vir 'n vergoeding. Dit bly egter 'n juweel van Suid-Afrika met eg Suid-Afrikaanse mense en atmosfeer."
"Hole in the Wall is puik en so mooi. Die plaaslike inwoners is lastig en smeer heeltyd hul diens en kreef aan jou af. Sukkel om hulle te ontduik en is hulle redelik opdringerig."
"Geboue lyk pragtig van ver af, maar ver van pragtig van naby af. Natuurskoon egter, is pragtig verby, asook die see-uitsigte asemrowend."
"Koffiebaai is mooi, maar die pad daarheen het te gevaarlik geword. Pad se toestand is van die swakste wat ek nog in SA beleef het."
"Koffiebaai het pragtige natuurtonele. Daar kan net aandag aan toegangspad gegee word. Slaggate in oorvloed."
"Dit sal baie beter ondersteun word as die toegangsroete in 'n beter kondisie is."
"Alternatief. Ver van die gedruis van die stad. Goed om dit darem een maal in jou lewe te besoek."
"Die 78 km wat jy moet ry Koffiebaai toe is nie van die beste nie jy moet tussen 60 en 40 km 'n uur ry, maar dit is verstane, want daar is kinders en rondloper diere. Dit het my nie gepla nie, want ek is met vakansie. Ek het gery na Koffiebaai en toe oor die koppe gery na Hole in the Wall Hotel. Die pad was grondpad, wat nie baie waffers is nie, maar het dit gedoen met 'n voorwielaangedrewe SUV. Beslis was alles die moeite werd. "
"Ongerepte, beeldskone natuur. Net die plek om weg te kom van al die stad se gejaag en lawaai."
"Koffiebaai se hotel was baie minder spesiaal. Ons het daar geëet, maar die diens was nie reg nie. Daar was plastiek in my burger en hulle het gesukkel met die diens."
"Koffiebaai is plattelands, nie veel om te sien nie en in die dorpie is nie veel om te doen nie."