Verified Reviews
Colesberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Colesberg
Rated 3.9 out of 5 based on 1815 reviews.
"'n Baie skoon en interessante dorpie. Ideale plek om oor te slaap wanneer 'n mens moeg gereis is en 'n halfpadmerk soek om te rus op pad Kaap toe. Die mense van die dorp is vriendelik en is daar ook oulike restaurante om by te eet."
"Dis 'n baie klein dorpie met baie ou geboue. Beslis 'n oornagstop en rusplek."
"Ons het nie veel van die dorp gesien nie, het laat daar aangekom en weer vroeg gery. Was bly om 'n winkel te kry wat so laat in die aand oopbly. "
"Pragtige historiese dorp. Besonderse kerkgebou. Net jammer dat dit soos so baie klein dorpies in Suid-Afrika so verwaarloos geraak het. My hoop is dat die sakelui, burgemeester en inwoners van die dorp gereeld sal vergader om oplossing te vind om die dorp in stand te hou."
"Die dorpie het sy eie bekoring en was uiters skoon en sy mense was almal baie vriendelik."
"It is a very small town with a selection of shops but just what you would need for a short stay. "
"As jy hou van geskiedenis dan is Colesberg een van die plekke om te gaan rond dwaal in die verlede. "
"Oulike plekkie en lekker vir oornag op die lang pad. Sal definitief weer daar oornag."
"Ek het nie gedink Colesberg sou my die beste oornagverblyf kon bied nie, maar ek was toe verkeerd! Wat' n aangename verrassing was die dorpie en verblyf. Vol punte aan julle almal."
"Dis so jammer om te sien dat die eens baie mooi plek eintlik aan die agteruitgaan is. Die strate is verwaarloos en vuil."