Verified Reviews
Darling
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Darling
Rated 4.5 out of 5 based on 146 reviews.
"Interesting little town and worth more attention. One comes away with thoughts of returning."
"Eerste keer dat ek daar oorgebly het, eerste wat jou opval is die vriendelikheid van die dorp se mense en lekker plattelandse gasvryheid. Sal volgende keer meer tyd wil spandeer om die dorp se geskiedkundige plekke te gaan besoek."
"Perfek vir 'n naweek wegbreek met baie om te sien en te doen. Sal definitief terug wees! "
"Darling is 'n baie oulike en karaktervolle klein dorpie. Daar is meer te doen as verwag. Baie vriendelike mense. Lekker wynplase in die omgewing. Restaurante ook lekker en goeie verskeidenheid."
"Dorp kan skoner wees en luid en lastige mense in strate wat jou lastig val as jy parkeer en so meer."
"Darling is 'n pragtige dorpie met baie besienswaardighede. Ormonde het die lekkerste wyne wat ek in 'n lang tyd geproe het. Die Darling museum het soveel geskiedenis. Darling Sweets het die heerlikste toffies wat ek nog geproe het. Het na 'n show by Evita se Perron gaan kyk, net jammer ons kon nie van die menu bestel nie, die kos het so lekker gelyk. Laastens Darling Brew het 'n paar lekker light drinking beers vir 'n warm dag en die bierfees was beslis 'n treffer! "
"Die dorp is een van die skoonste en vriendelikste plekke waar ek nog ooit was. Sal beslis die dorp aanbeveel. "
"Dit is 'n oulike dorpie met 'n heerlike atmosfeer. Beslis 'n plek om te besoek!"
"Dit is 'n bekoorlike klein dorpie met warm gasvryheid van die mense. In die middel van die blommetyd moet dit regtig iets besonders wees om te beleef. Ons sal weer kom!"
"Definitely worth the visit. The town is quaint. The wild flowers are spectacular. Photo's do not capture the reality. You have to see them with your own eyes. Would visit every year if I could. Tannie Evita you are still a wonderful ambassador to comedy."
"Darling is lovely, but we were really surprised to only find one restaurant open on a Saturday night, which of course was fully booked. So I am not quite sure what you are meant to do when you spend a weekend in Darling. We ended up at a cafe which served (delicious I have to say) burgers, but not exactly a romantic ambience. The flowers in the area were magnificent. I just hope they will up their restaurant scene a bit."
"Wonderlike dorpie met groot verskeidenheid aantreklikhede. Darling Brewery, Duckett Nurseries en Evita se Peron is net 'n paar!"
"Die Voorkamer Fest was 'n aangename verrassing en die blomme besonder mooi. Inwoners vriendelik en hulpvaardig."
"A quaint little town full of culture and wonder, turns off its lights by 21:00, so not big on nightlife. From shows and history at Evita’s Perron to artisan cheese at Udderly, amazing and excellent wines at the wine shop, craft beers at Darling Brew, eats and wine runs every turn, you’ll find a weekend is never enough."
"Darling is an amazing small town with so many hidden gems and friendly people. I'm definitely going back there. You need to stay at least over for two days to explore all the greatness that Darling has to offer. "
"Darling is gedurende die blommeseisoen baie gerieflik geleë vir 'n oornag verblyfplek. Die jaarlikse veldblommeskou was ook aan die gang toe ek daar was, en vir die geleentheid is die orgidee kwekery ook oopgemaak vir die publiek. Vir hierdie rede was Darling dus 'n goeie plek om by te vertoef. Darling verskaf ook goeie wyn en daar is 'n pragtige wynwinkel in die hoofstraat wat produkte verskaf wat andersins nie algemeen beskikbaar is nie. Daar is goeie restaurante op die dorp, en die museum is 'n interessante venster op die verlede. Na aan die dorp is 'n plaas waar lig op die San lewenswyse gegooi word, en sowat 'n uur vanaf Darling is fossiele wat vir die belangstellende betekenisvol kan wees."
"'n Paar bekende "bakens" in die dorp asook blomtyd in September maak dit 'n gemiddelde toeristebestemming."