Verified Reviews
Die Voor Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Die Voor Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 154 reviews.
"Voorbaai is bietjie meer gerig op besigheid as toerisme, maar is baie goed geleë vir iemand wat graag in verskillende rigtings wil uitgaan en die omgewing geniet. Dalk ook vir 'n besigheidsbesoek."
"Dit is teleurstellend om te sien dat die roomyswinkeltjie op die strand nie oop is nie / of reeds toegemaak het vanaf die 2de Januarie. Die waterwurms was ook gedeeltelik toe vir herstelwerk - dit is nog vakansietyd. Almal wil nog voel asof die vakansie-atmosfeer daar is."
"Voorbaai is goeie toeristebestemming - die see/strand is rustig en skoon. Mense is vriendelik."
"Ek sal voorstel, dat daar 'n bietjie meer dinge gereël word rondom vermaak, veral in die stil tye. 'n Mens op reis het vermaak nodig in die aand, en oor naweke."
"Die strand is baie skoon. Het in plaaslike koerant gelees oor 'n mes aanval daar. Eienaars moet net toeriste bewus maak van risiko en dat hulle moet maar altyd bewus wees van hul omgewing."
"Die strand is baie klein gedurende hoogwater - dis egter geen probleem in die af seisoen nie."