Verified Reviews
Dinokeng Game Reserve
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Dinokeng Game Reserve
Rated 4.3 out of 5 based on 606 reviews.
"Wild is maar skaars, maar ons geniet die bosveld en Arlington Brewery."
"We saw amazing game during our drives and it was a thoroughly enjoyable experience."
"Dinokeng is en sal altyd ons 1ste keuse bly! Grondpaaie is nie noodwendig so lekker om op te ry nie, maar nie onrybaar nie. Soos verduidelik is gaste se bande te hard en veroorsaak die sinkplaateffek. Steeds ons lekkerste vakansieplek!"
"Hoewel die bos baie ruig was het ons alles behalwe olifante en luiperds gesien. Geen klagtes, dit was puik."
"Dis elke maal vir my lekker om in die Wildreservaat te wees. Dit verbaas my keer op keer en die bewyse van goeie sorg is daar."
"Bos is baie mooi na al die reën. Sien daarvolgens nie vreeslik baie wild nie. Dit was darem nie n probleem nie. Darem 'n paar soorte wild gesien."
"Dinokeng is my "happy place" en nou deel die reservaat my geluk met Siyaya. Alle personeel is fantasties en vriendelik."
"Sonder 'n kaart was ons verlore en het heeltemal verdwaal. Die natuur was baie mooi. Maar ons het amper geen diere gesien nie."
"Mens kan sien daar is oorbeweiding op plekke, waar die kakiebos oorneem. Daar was nie genoeg inligting oor die "self-drive" permitte en kaart by die hek gegee nie. Verder is dit 'n pragtige plek met goeie paaie, roetes, merkers, piekniekareas en wild."
"Groot verskeidenheid wild. Goeie plan om eers 'n georganiseerde wildrit te doen. Wim was 'n uistekende opsie. Piekniekplekke is goed ontwikkel en word baie mooi onderhou. Voorreg om so in natuur te kan wees."
"Close to home and good short game viewing opportunities. Not much luck with any larger animals, but good viewing and nice picnic areas to break trips for your children. Veldjie around kiosk a firm favourite."
"Van die paaie het bietjie aandag nodig. Ek weet dit is 'n wildreservaat en daarom die sandpaaie, maar van die paaie is in so swak toestand dat mense al nuwe paaie op rante van die hoofpaaie maak."
"Game numbers were a bit low and quite a bit of traffic on the tar road at night. The self-drive routes in the park are quite nice to explore however they require you to purchase a permit at the gate. It was not easy to find or spot game, expected the park to be better stocked or have higher numbers."
"Dinokeng is beautiful with a huge variety of animals to see. It is a great holiday destination close to JHB and PTA."