Verified Reviews
Douglas
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Douglas
Rated 3.9 out of 5 based on 109 reviews.
"Die samevloeiing van Oranje- en Vaalrivier wat ons besoek het was indrukwekkend en behoort baie meer opgegradeer te word vir toerisme."
"Douglas is 'n moet sien! Rustige dorpie! Toerisme-aantreklikhede (Samevloeiing) kan gerus ontgin word! Potensiaal vir 'n restaurant en oornaggeriewe by die Samevloeiing kan toeriste lok!!"
"Sal weer na Douglas gaan en langer daar vertoef om die plek beter te leer ken. Ons het net een nag daar oorgeslaap."
"Weereens die dorpie het ons verras. Tuine is goed versorg. Inkopie sentrum het aan ons behoeftes voldoen. Lekker naby Vaalrivier vir watersport, hengel of om sommer net te ontspan langs die rivier. Ook naby sameloop van Oranje en Vaalriviere wat vir ons nogal geskiedkundig was."
"Douglas omgewing is baie, baie droog. Die begraafplaas waar ons ouers begrawe is, is onversorg en vuil. Die dorp self is ook nie van die skoonste alhoewel daar baie nuwe ontwikkeling is van ons laas daar was so tien jaar gelede."
"Kan daar nie meer gemaak word van plekke soos die Neus waar die Oranje- en Vaalriviere saamvloei nie? Dis verwaarloos! En daar is nie eens 'n bordjie wat wys waar die begraafplaas is nie en dis boonop totaal onversorgd."
"Baie dankie vir die geleentheid om by julle te kon oornag. Dit was 'n aangename ervaring wat ek vir enige persoon sal aanbeveel. Die netheid en aandag aan detail was veral opvallend. "