Verified Reviews
Durbanville
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Durbanville
Rated 4.5 out of 5 based on 228 reviews.
"Baie sentraal ten opsigte van verskeie Kaapse besienswaardighede en besigheidsdoeleindes."
"Die kompleks se eienaars moet 'n groot braai bou wat almal kan gebruik. Ons Namibiërs hou van vleis en braai."
"Durbanville is 'n goeie area om in te bly en voel ook veiliger as ander. Die area self is ook baie mooi en dis lekker sentraal geleë. "
"Baie goeie en veilige area vir ons wat nie die Kaap ken nie."
"Dis nie regtig 'n toeristebestemming nie, eerder 'n blyplek vanwaar 'n mens gemaklik by die toeristeplekke kan uitkom."
"Durbanville is baie netjies en dis 'n pragtige area. Miskien 'n bietjie te besig vir my, maar andersins definitief 'n besoek werd. Het lanklaas so groot verskeidenheid winkels in een plek gesien. "
"Naby Kaapstad, wynlande en ander besienswaardighede. Maklike toegangsroetes. Goeie restaurante en inkopiesentrums."
"Ideaal vir wyn toerisme, midde in al die groot inkopiesentrums en mediese fasiliteite, hospitaal en top spesialiteite."
"Pragtig netjies en baie smaakvolle binnehuise versiering. Baie vriendelike en gasvrye gasvrou."
"Moet nie verder vir ander selfsorg verblyf in die Durbanville area soek as daar plek by Vierlanden beskikbaar is nie."
"Daar waar ons was (Dagbreek), was uitstekend. Dis mos Kaapstad in die platteland."
"Ek ken Durbanville nie so goed nie, maar is gaande oor wat Tygervallei en Willowbridge sentrum my bied. "