Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 10323 reviews.
"Soveel anders as wat ons verwag het. Mooi groot slaghuis en alles wat mens nodig het is in die mini mark. 'n Mooi boere dorp met vrugtebome en baie Toyota bakkies."
"Port St John's was 'n teleurstelling. Dit lyk asof dit dalk in die verlede 'n mooi dorpie was, maar dit is nou vervalle en vuil. Die natuur is egter nog steeds asemrowend."
"Die dorp en die Kamdeboo Nasionale Park regverdig beslis meer as een dag se besoek."
"Pragtige natuurskoon en rustige atmosfeer. Naby strande en winkelsentrums, maar uit die gewoel."
"Ons besoek Graaff-Reinet gereeld, en dit bly steeds 'n sjarmante vakansie bestemming."
"Stadsraad behoort meer aandag aan die paaie te gee en ek vermoed hul rioolstelsel is onder druk. Daar was oral tekens van riool wat oorloop. Die stadsraad behoort te besef dat dit die enigste groot dorp in die omgewing is en dat die potensiaal enorm is."
"Baie interessant en goed onderhoude dorpie met goeie restaurante. Het ook die Valley van Verlatenheid besoek, definitief moeite werd."
"Te min restaurante wat saans oor die Feestyd oop is. Mense loop na middernag deur woonbuurte en skreeu vulgêre aanmerkings."
"St Francisbaai self se strand is baie klein maar die tieners was mal oor die plek. Ek self sou 'n beter strand wou hê. Ons draf graag en daar was baie rondlopers wat ons nader aan die winkels se omgewing nie so veilig laat voel het nie."
"Wow! Ongelooflike ervaring gewees om Nieu-Bethesda te besoek! Uil-Huis was 'n hoogte punt, maar al die ander plekke was net so lekker. Die bier brouery was dit heerlik onder die bome!"
"Daar is geen vulstasie of teller, dus maak seker voertuig het vol tenk brandstof en genoeg kontant in die beursie."
Gxarha (Morgan's Bay), Eastern Cape
Yellowwood Forest Camping and Accommodation"Lovely, friendly town."
"Dis 'n lieflike plek om te oornag wanneer jy ook al van Bloemfontein of George ry om oor te bly."
"As jy verby die omliggende dele kyk en Jansenville waardeer vir die plaas atmosfeer sal dit 'n fees wees om meer as een dag daar te vertoef."
"Selfoonseine is nie goed nie. Dit sal ook help indien meer plekke van 'n kaartstelsel gebruik maak om rekeninge te betaal aangesien nie baie mense meer groot bedrae geld saamdra nie."
"Lekker uit die gedruis van Jeffreysbaai se hoofstrand. Daar is ook alles wat nodig is in Wavecrest as omgewing besoek tydens baie besige tyd, soos Spar, Clicks, Restaurant en lekker snuffel winkels."
"Having had a holiday home there for about 12 years, I have nothing but praise for St Francis Bay as a holiday destination. Beaches are clean, lovely white, soft sand and a great holiday atmosphere throughout the village during the festive seasons. Just a pity that the ablutions at the main beach or any of the beaches for that matter, are non-existent or when they are, they're in a disgusting state. Would be great for beach-goers if there was also a small refreshment stall where one could buy cold drinks, ice creams, hotdogs or burgers. There does seem to be a definite improvement in general infrastructure!"