Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 28270 reviews.
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Skipper and Flipper"Pragtige, veilige dorp op die Weskusroete. Verlief geraak op die dorp."
Witsand, Escape From Cape Town
Anker @ 942 Duinepark"Witsand het uitgebrei, baie mooier huise word daar nou gebou. Bring net jou eie water saam. Daar is 'n paar lekker goed om te doen in die omgewing. Goeie strand."
Heidelberg, Escape From Cape Town
4 Daneel Street"Gaan definitief gereeld daar oorbly in die toekoms."
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Shoes Off - Feet Up"'n Paar ekstra winkels en restaurante sal 'n bonus wees, maar dorp is mooi skoon, netjies en baie veilig. "
Franschhoek, Escape From Cape Town
Laurel Cottage Self-catering Suites"'n Lekker rustige atmosfeer as jy wil wegbreek uit die stad."
Pearly Beach, Escape From Cape Town
Sonder Tyd By Die See"As jy hou van 'n ouwêreldse kuier dan kom jy hiernatoe. Ongerepte natuur, naby aan alles anders ook."
Agulhas, Escape From Cape Town
Wings Self-Catering Apartment"Agulhas has a great fish and chip restaurant. The lighthouse, the 2nd oldest in SA, was interesting and seeing the light working at night was a delight. De Mond Nature Reserve not far away is a good spot for birding. We were fortunate to see the Damara Tern & the Terek Sandpiper. We also saw Denham's Bustards in the field on the way to the Reserve."
"Natuurlik 'n baie mooi dorp met baie te sien (as dit nie reën nie). Ons het by die lekkerste restaurant (The Hussar Grill) geëet. Pragtige restaurant met die beste kos. Hoogs aan te beveel."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
De Loft"Goed geleë van al die omliggende "hussle and bussle" met die voordeel van die rustigheid en privaatheid wat die omgewing bring."
Tulbagh, Escape From Cape Town
Winterhoek Farm Accommodation"Doen 'n wyntoer, baie kiddie-friendly wynplase."
McGregor, Escape From Cape Town
The Bean Tree"Lekker plek vir 'n wegbreeknaweek op die platteland. Goeie restaurante, lekker staproetes en vriendelike mense."
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Pikant"Yzerfontein is 'n pragtige Weskusdorp wat nog voorsien vir die persoon wat 'n rustige wegbreeknaweek wil hê. Die Spar op die dorp voorsien in alle behoeftes aan kruideniersware, en daar is genoeg restaurante vir diegene wat nie self wil kosmaak nie. Dis naby genoeg aan Kaapstad vir 'n vinnige wegbreek."
Paternoster, Escape From Cape Town
Bo-Bakkies"Ek sal elke kans wat ek kry Paternoster toe gaan. Ek is wel bietjie bekommerd oor die skielike hoë werkloosheidsyfer in Paternoster. Dit het baie opsigtelik geraak. Dit kan veiligheid en diefstal negatief affekteer."
Yzerfontein, Escape From Cape Town
No17 on Mile16"As a first-time visitor, the town of Yzerfontein was a lovely surprise. Lots of development. The Rosemead bakery was amazing and I had the best carrot cake there. Will definitely return in the summer since it was raining and our stay was very short."