Verified Reviews
Escarpment
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Escarpment
Rated 4.4 out of 5 based on 1579 reviews.
"Die paaie is baie baie swak in Leydenburg, ons wou net 'n week gaan maar het toe 'n hele maand gebly! Maar die paaie is regtig baie sleg in daai dorp."
"'n Wegbreekplekkie wat jy jou voete kan opsit en kan vergeet van die gewoel van die stadslewe, met baie vriendelike gesiggies wat jou verwelkom. "
"Netjies, goed toegerus lekker stil area. Skep ook n lekker plaas atmosfeer, ek hou van die erdeware wat oral te sien was."
"Lekker dorpie om te besoek en almal is baie vriendelik. Lekker kuier plekkies en mooi goedjies!"
"Waterval Boven is 'n historiese dorpie en daar is baie besienswaardighede. Pragtige brûe en watervalle. Natuurskoon lieflik. Al wat pla is dat daar geen Spar of kruideniersplekke is nie, asook geen kaartfasilitiete in 'n paar winkeltjies wat wel handel dryf nie. "
"If you love the outdoors with an option of a small town charm, Dullstroom and surroundings is the place to go."
"Dullstroom is een van my gunstelinge plekke om heen te gaan vir n wegbreek. Wonderlike kos, interessante winkeltjies, pragtige uitsig en 'n heerlike klimaat wat warm sjokolade, winter pyjamas en 'n kaggel 'n daaglikse roetine maak. Heerlik!"
"Dis die oulikste dorpie met vriendelike personeel en iets vir almal om te doen. Definitief my nuwe dorpie van die jaar!"
"Heerlike dorpie om sommer net in rond te drentel, baie vriendelike mense end ons hondjie was oral welkom."
"Baie lekker plekkie om na 'n gejaagde week rustig af te sluit en net te ontspan. Almal is baie vriendelik en behulpsaam."
"Dullstroom is 'n baie "toeriste vriendelik" omgewing met baie om te doen, sien en eet. "
"Lydenburg het die potensiaal om n baie lekker toeriste bestemming te wees dis net 'n jammerte dat die groot vragmotors die paaie so verniel en dat daar geen poging aangewend word om die paaie se toestand te verbeter nie. Die dorpie is besig om te pop in 'n baie besig plek met al die myne."
"Lekker sentraal om verder ons mooi Laeveld te gaan verken. Goeie restaurante, vriendelike mense en baie netjies en skoon."
"'n Lekker wegbreek vir 'n kort periode of kombineer met 'n bykomende aktiwiteit in die omgewing."