Verified Reviews
Ferreira Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Ferreira Town
Rated 4.8 out of 5 based on 36 reviews.
"Ferreira Town is die perfekte vakansiebestemming. Stil en rustig sonder om vervelig te wees. Heerlike swemstrand, pragtige uitsigte, lekker restourante, alle winkels wat nodig is. "
"'n Inkopieparadys, veral vir tieners met fabriekswinkels soos RipCurl, Billabong, Jeep, Quicksilver, RVC. Roxy ens. Inwoners vriendelik en behulpsaam. Heerlike eetplekke: In-Food, Kitchen-Windows, Ninas en nog baie vele interessante winkels."
"Dis die gemaklikste, vriendelikste en veiligste dorp. As jy wil rus. Ferreira Town is jou dorp."
"Baie gerieflik met winkels, strand en eetplekke loopafstand. Sal weer besoek. "
"It has a lovely accessible beach that we used often. The road outside the Dune is busy and could use a pedestrian crossing. "
"So baie eetplekke, mens weet nie waar om te begin nie, en so baie snuistery plekkies. Die winkelsentrum is nie groot nie maar pragtig en het alles wat jou hart begeer. Die luminous putt-putt baan is absoluut pragtig."
"Net te veel eetplekke. My gewig is weer mooi op pad suide toe. Maar is dit nie waarvoor vakansies is nie?"
"Baie oulike dorpie. Ons oorweeg dit om oor die Desembervakansie weer terug te kom."
"Gemaklike omgewing met genoeg vermaak vir oud en jonk. Dit was lekker om nie te naby die hoofstrand te bly nie. Ons kon gelukkig parkering kry, al was dit besig. Die kuier- en eetplekke is heerlik en genoeg om van te kies. Die strand is pragtig en wyd versprei, goeie sekuriteit is orals sigbaar."
"Was heerlik en rustig, selfs met die hoofpad wat baie verkeer dra in die hoogseisoen."
"Jeffreysbaai het al my verwagtinge oortref. Die swemstrand was skoon en die restaurante heerlik. Perdry by Papiesfontein was goed."