Verified Reviews
Ficksburg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Ficksburg
Rated 3.7 out of 5 based on 98 reviews.
"We used Ficksburg as a base to do some cycling. The town itself looks a bit neglected."
"Omdat ons net oorgeslaap het, is 'n billike evaluering nie moontlik nie. Daar is wel 'n aangename restaurant net om die hoek. Die strate is in 'n haglike toestand."
"Die potholes bly 'n uitdaging. Lyk of niemand worry en aandag gee daaraan."
"Ficksburg is in die pragtige natuurskoon van die Oos-Vrystaat geleë. Die sakegemeenskap doen baie moeite om die die dorp netjies te hou. Die verval van die paaie wat na Ficksburg lei en van die dorp oor die algemeen is baie hartseer."
"Paaie amper onbegaanbaar (met kleiner motors), maar die mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Die dorp het oor die afgelope 20 jaar baie agteruit gegaan. Die paaie is in slegte toestand. Ek voel innig jammer vir pragtige verblyf plekke soos Kersiehuis. Die omgewing rondom die dorp het wêreldklas-uitsigte en visuele attraksie, maar die dorp self is nie 'n kern toeristebestemming."
"Such a lovely town with friendly people. It is so sad for a popular town like Ficksburg and the town council is doing nothing to keep it in a better condition."
"Ons het nie tyd in Ficksburg spandeer nie. Ongelukkig is die R26 in 'n baie swak kondisie op die oomblik tussen Ficksburg en Fouriesburg."
"Fantastiese omgewing. Maar die paaie in die omgewing raak uiters sleg, wat toerisme mag benadeel."
"Ficksburg bly 'n juweel. Klein boekwinkeltjies, kersie-sjokelade en die gevoel van vakansie maak Lockdown Level 4 draaglik."
"Die paaie is onbegaanbaar daar en veroorsaak dat mens nie eens daar uitkom nie."
"Die ou geboue wat oor is is pragtig, maar as jy nie 'n 4x4 het nie, sal ek nie die slaggate aandurf nie."
"Most restaurant close @ 18H00, on Sundays they are closed. We struggled to get food Saturday and Sunday. Imperani we waited for 20 minutes without assistant and when we went out all restaurants were closed."
"Ficksburg is in 'n toestand van verval. Die paaie is baie sleg, en ek sal nie soontoe gaan in 'n gewone motor nie. Die omgee is egter ongelooflik mooi en ek sal dit weer besoek as 'n toeris."