Verified Reviews
Fouriesburg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Fouriesburg
Rated 4 out of 5 based on 556 reviews.
"Verkies altyd om in Fouriesburg oor te bly in die Oos-Vrystaat aangesien dit nog egte platteland is."
"Fouriesburg area is baie mooi en ook 'n goeie oornagplek as u wil Katsedam besoek. Ek sal dit vir enige iemand aan beveel wat vir 'n naweek wil wegbreek uit die stad. "
"Lovely little town! We didn't feel there was much to do in town but if you intend to stay in and read then this is the perfect place. "
"Lyk bietjie verwaarloos. Daar kan gerus beter na die paaie omgesien word. Ete by die Plaaskombuis was uit die boonste rakke! Well done!!"
"Goed vir die wat van Anglo-Boereoorlog geskiedenis hou en naby Clarens en Golden Gate en Lesotho grens. "
"Small town. Had a lovely dinner at the Country Inn with a nice bottle of wine (which you can choose yourself in their own wine cellar)."
"Ons het heerlik geëet en gekuier by die hotel en die diens daar was ook uitstekend! Ons sou die Sondag na on reis na Lesotho in Clarens gaan eet het, maar het besluit om weer by die hotel te eet, en dit was weereens heerlik en ongelooflike waarde vir geld! Daar is ongelukkig seker nie veel om te doen nie andersins nie, maar is verseker 'n moet vir oornag op pad om te gaan ski in Lesotho!"
"Vreeslike oulike dorpie, met baie interessante winkeltjies en eetplekke!"
"Ideale plek om as basis te gebruik vir dagtrips na Clarens en Afri-Ski (sowat 90 km) in Lesotho. Ou dorp sonder groot supermarkte, maar een of twee goeie restaurante. Die naaste punt aan Caledonspoort-grenspos na Lesotho."
"Fouriesburg is gevul met prentjiemooi sandsteengeboue, het wonderlike restaurantgeriewe, en vriendelike mense wat pas by die mooi van die platteland. Ek sal reken Fouriesburg is nou wat Clarens jare gelede was voor die vreeslike baie toeriste daar aangekom het. "
"Fouriesburg was 'n aangename verrassing, 'n netjiese skoon dorpie met die mooiste huise."
"Die omgewing is ongelooflik mooi. Dit is 'n skoon wêreld en die mense is vriendelik. As jy van rustigheid en van mooi natuur hou, is dit die aangewese plek."
"Dis 'n oulike klein dorpie, met lekker kuierplekkies, naby aan al die mooi plekke en Clarens. Ons sal weer teruggaan. "
"Model slaghuis se biltong is die beste en natuurlik The Windmill het die ongelooflikste atmosfeer met sy Jack Daniels dekor en die ou koolstoof wat heerlik brand. Diens en kos is uitstekend. Dit maak laat mens weer sal teruggaan."
"Die dorpspaaie is tipies klein dorpie met 'n grondstraat hier en daar. Die mense is baie vriendelik."
"Bijzonder veel te zien vlakbij Lesotho en Drakensbergen."