Verified Reviews
Fouriesburg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Fouriesburg
Rated 4 out of 5 based on 556 reviews.
"Dit is 'n stil en rustige dorpie met lekker restaurante, baie geskiedenis en in 'n pragtige omgewing. Nog nie so kommersieel en vertrap soos ander dorpe nie maar jy moet die mooi dinge self soek. Lekker naby 'n wynplasie en Golden Gate. Vriendelike plattelandse mense."
"Wonderlike bestemming vir toeriste, groot verskeidenheid van dinge om te doen. Veilig en vriendelike gemeenskap."
"We visited the area since it is close to Golden Gate National Park and Clarens. Clarens is a nice village and has some beautiful trails to walk or mtb."
"'n Pragtige dorp met 'n mooi geskiedenis. Die paaie in en om Fouriesburg is egter gehawend, maar dit lê 100% voor die deur van die huidige munisipaliteit en provinsiale regering, soos in die meeste dele van Suid-Afrika."
"Baie om te doen, mense is baie vriendelik en hulpvaardig oor die omgewing. Heerlik geëet by die Plaasstoep, wynproe by Bald Ibis wynplaas en heerlik gesmul aan kaas by Jackal Hill. Net so jammer dat die Vrystaat se paaie op sommige plekke nie meer paaie genoem kan word nie!"
"Fouriesburg bied nie veel nie, maar Clarens en Godengate is nie te ver nie en dit maak Uitzight 'n lekker bestemming."
"Paaie was in 'n skokkende toestand! Glad nie 'n plek om nodige inkopie-tekorte aan te vul nie, kry gerus alles in nabygeleë dorpe soos Bethlehem voordat u soontoe vertrek."
"Wens net die regering wil die paaie in stand hou! So pragtige bestemming ons ry graag deur die Oos-Vrystaat en spandeer lekker as toeriste ons ekstra spaargeld. Maar die toestand van die paaie maak dat ons, ons roete sal heroorweeg in die toekoms."
"Very bad potholes on the roads heading out of town towards the Eastern Cape. Dangerous if you are unaware of them."
"Baie interessante dorp. Netjies, lekker eetplekke, in die natuur, pragtige berge, vriendelike mense."
"Fouriesburg is surrounded by so many lodges and game farms and resorts. Would like to explore some of them."
"Baie mooi plekkie behalwe die paaie het baie aandag nodig. Baie vriendelike en behulpsame mense. Dit is baie mooi die natuur en baie rustig daar."