Verified Reviews
Frankfort
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Frankfort
Rated 3.7 out of 5 based on 47 reviews.
"Frankfort is 'n lieflike dorp en ons die die Safari Restaurant baie geniet."
"Safari kry 100%, fantastiese eetplek. Opikopi se personeel is slordig in hul werk. Mors mens se koffie uit jou koppie en bedien dit koud. Geskenkwinkels is pragtig en groot keuse. Die galery ruik snaaks!"
"My missie om tydens my vakansie tye klein dorpies te besoek met die afneem van kerke in die omgewing. Die ou NG Kerk met sy sandsteen afwerking was onbeskryflik. Dan met my uittog na Heilbron moes ek stop by Funcky Quilt waar Josephine by my lappop versameling bygevoeg het. Pragtige winkeltjie met die wonderlikste mense wat daar werksaam is."
"Tipiese plattelandse dorpie wat ook maar nie die verval soos in vele kleiner dorpies (uitgesluit die Wes-Kaap) vryspring nie."
"The warm hospitality, friendly service and awesome food made the travel worthwhile. True, sincere people."
"Ek is 'n ou Frankforter, sal altyd die dorp ondersteun, die OK aan die onder gedeelte van die dorp is stunning en hulle pryse ongelooflik."
"Goeie waarde vir geld by SAFARI restyurant gehad. Lekker koffie gedrink by Kofi-Kopi."
"Frankfort het ons verras - die dorp lewe regtig! Gaan kyk gerus na die pragtige sandsteen NG Kerk en omliggende sandsteen geboue, veral die prentjiemooi poskantoor. Dankbaar vir 'n dorp wat nog kyk na sy historiese skatte."
"Netjiese dorpie met baie potensiaal, mense baie behulpsaam en vriendelik. Lekker gekuier by jul plaaslike restaurant op die rivieroewer."