Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Soos baie plattelandse plekke in Suid-Afrika is die strate in 'n bedenklike toestand, maar buiten dit is daar regtig nie fout nie."
"Kom al vir jare. Lieflike wegbreek. Baie jammer die strate en grondpaaie is so verwaarloos. Met enige sedan of kleiner voertuig is dit nagmerrie na en van blyplek."
"It is a very "touristy" town and the prices reflect that. It is conveniently close to Golden Gate National Park. Except for that, there is not much to do. There is not food store e.g Checkers, Pick n Pay or Woolworths. Only a private expensive Supermarket at the petrol station. If you want anything more than that, you have to travel 30 km on a bad road to Betlehem."
"Dit is 'n interessante dorpie, maar daar is nie veel beskikbaar in die plaaslike winkels nie. Ek sou aanbeveel dat as mens daar gaan bly vir 'n paar dae dat mens meeste van wat jy nodig sal hê saamvat."
"Baie gevaarlike plek om te ry met jou eie vervoer. Ek beveel aan jy ry met 'n busdiens of 'n cabby rond."
"Sjoe, dit is hartseer om te sien hoe die plattelandse dorpe verval, weet nie mens dit kan keer nie!"
"Bethlehem self bied nie baie nie, maar Clarens is naby en dis 'n groot pluspunt. Oornag in Bethlehem en kuier in Clarens."
"Baie mooi memories van Clarens saam met vriende en familie. Kos ens. ens. uit die boonste rakke!"
"Pragtige dorp. Eetplekke bedien heerlike kos. Die natuur is asemrowend. Voel of sterre snags net bo jou kop is."
""Out of this world" Pragtige dorp, mooiste ligging. Veilig en skoon. Kan nie wag om terug te gaan nie."
"Here's to hoping the potholes and roads in the area can be attended to to make the trip easier."
"Vir jare was Betlehem vir ons net 'n deurry-dorp. Nou woon ons pasgetroude dogter en haar man daar waar sy tans skoolhou en kry ons geleentheid om die dorp te verken en te leer ken. Dis vir ons 'n netjiese groot plattelandse dorp en gemeenskap. Ons sal graag die omgewing wil verken en meer van Betlehem wil leer ken."
"Clarens is nog 'n oulike plek - lekker restaurante, paar oulike winkels. Ongelukkig is daar heelwat vlooimarkte of kitswinkels van laer gehalte ook. Ek bemerk ook dat baie winkel-assistente en kelners uiters onvriendelik is. Hier en daar 'n gawe persoon. Ek is bevrees dat dit lyk asof Clarens, net soos baie van ons mooi dorpies, stadig agteruitgaan. Wens die regte bestuur kan betyds ingryp."
"Ons het net deur die dorp gery, dis klein en nogals vervalle. Maar met ’n bietjie kreatiewiteit kan dié ’n toeristebestemming word."
"On our second visit to Clarens, we noted general deterioration of roads and infrastructure. Very few new shops but the overabundance of restaurants/cafes/beer breweries and places of leisure is fantastic and worth every visit."
"Die dorp se mense is werklik so gasvry! Ons het alles net positief ervaar gedurende die tennistoernooi. Alle sportgronde by skole en ander plekke was uitstekend! Ons kom weer kuier Bethlehem."
"Bloemfontein is altyd ons nommer een stad om na te reis vanaf die platteland."