Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Covid het 'n groot invloed en ook watter tyd van die week jy daar besoek. Van die restaurante/winkels was gesluit. Shame water en krag was ook n probleem. Kan sien Clarens is ook nie meer wat dit was nie."
"Ek sou graag in die toekoms langer wil vertoef om meer van die dorp te beleef."
"Ver genoeg middelbestemming na 'n lang rit veral vir bejaardes van JHB, PE of Kaapstad. "
"Die paaie is vol slag gate en regtig nie 'n plesier nie. Maar die mense was vriendelik en alles binne vinnige bereik."
"Good stopping point if travelling from CT: +-900 km and going to Reef."
"Die SAP Museum is 'n besliste moet, asook die 2 ou kerke. Die dorpie is ryk aan interessante geskiedenis en beslis die moeite werd om te besoek."
"Dis een van die oulikste dorpies in Suid-Afrika, word hoogs aanbeveel. Prentjiemooi tussen die berge. Interessante winkeltjies en restaurante."
"Was teleurgesteld in die omgewing op pad na Nightingale. Al die tuine was toegegroei onder gras en onkruid. Paaie se middelmanne bebos. Duidelik dat munisipaliteit lankal nie meer die pragtige stad van Bloemfontein in stand hou nie."
"Bloemfontein het baie agteruitgegaan, met die basiese dienste wat nie toegepas en uitgevoer word nie."
"Ons besoek graag klein dorpies onder andere Parys, Prins Albert, Dullstroom, Cullinen, Bathhurst. Ons gunsteling bly Clarens."
"Die mense in Parys is van die vriendelikste mense wat ek al ontmoet het. Pragtige dorpie met pragtige mense, ek kan nie wag om weer daar te gaan kuier nie."
"Clarens sal altyd baie spesiaal wees en daar sal nog baie besoeke in die toekoms wees."
"Geniet die dorp elke keer, lekker om daar rond te loop, jammer om te sien dat van die plekkies gesluit het maar hoop alles sal weer optel en kan voortgaan."
"Baie gerieflik geleë halfpad tussen Mosselbaai en Pretoria, naby aan die hoofpad."
"Clarens bly maar 'n mooi dorpie met goeie winkels om in rond te snuffel, enige vrou se droom."
"Fouriesburg omgewing is 'n goeie bestemming om die omliggende berge te verken, staproetes te doen, bergfiets en trailrunning. Die dorp het 'n paar oulike winkeltjies."
"Affi Plaas Restaurant ideale eetplek. Baie vriendelike eienaars en personeel. Flinke diens en baie smaakvolle kos."
"Baie mooi, as jy die regte blyplek kry in die dorp teen die berge en met die regte advertensie en uitsig."