Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Mooi dorp. Paaie moet net in stand gehou word, asook die vullis wat oral rondwaai."
"Dit is hartseer om te sien dat die klein dorpies in SA swaarkry, die kerk is pragtig sou meer van die geskiedenis van die dorpie wou uitvind."
"Fouriesburg is 'n afgeleë dorp met een koffieshop wat nie eers 'n chicken mayo-sarmie kan maak nie. Sal nie weer terug wees nie."
"Dit is jammer dat mooi en geskiedkundige plattelandse dorpe so agteruit gaan. Maar dit maak nie 'n verskil aan die uitstekende oornagverblyf by Eerste Pastorie nie."
"Very quiet town, a place to be if you want peace and quiet, the bird life may wake you up early."
"Bloemfontein as stad het ongelukkig oor die jare baie agteruitgegaan, soos talle ander plekke in die land waar munisipaliteite dood eenvoudig net nie hulle plig nagekom het nie en die plek in die grond in bestuur het. Ek kan derhalwe besoeke aan die middestad gladnie meer aanbeveel nie. Bloemfontein het egter aan die noordelike buite-wyke begin ontwikkel en daar is vir seker 'n paar juwele wat 'n besoek die moeite werd maak."
"Full of history and the golf course is of a very high standard. Well worth a visit for golfers."
"Dis jammer om die algemene verval in die voorheen mooi stad waar te neem."
"Die verskeidenheid winkels, die billike pryse, die ongelooflike vriendelikheid van almal met wie ons in aanraking gekom het was so 'n wonderlike ervaring."
"Pragtige klein dorpie met vriendelike mense. Baie lekker eetplekke en winkels om by te gaan koop. Ongelukkig net 'n bietjie duur."
"Bethlehem is ongelooflik! Lekker restaurante. Ons was net geskok oor die dorp se strate wat disintegreer. Maar dorp is skoon en mense vriendelik. Kan nie wag om weet te gaan nie!"
"Baie vriendelik en hulpvaardig met inligting oor hul omgewing van Clarens tot Ficksburg. Mooi sandsteengeboue en lekker eetplekkie."
"Gewilde toeristedorp met baie klein winkeltjies vir die versamelaars. Net baie besig oor naweke en vakansiedae."
"Just love Clarens and was surprised to find most stores open after the long shutdown."
"Clarens het baie agteruit gegaan as gevolg van die inperking. Dit was altyd 'n lewendige dorpie jammer om dit so te sien."
"Raak bietjie dieselfde oor en oor. Was twee jaar gelede daar en die meeste goed is nog dieselfde."