Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Jammer daar is net een supermark en geen banke nie. Nie een van die besighede het Amex-kaart aanvaar nie. Het die winkeltjies baie geniet. Dit maak Clarens uitsonderlik. Ons het Clarens en Goldengate baie geniet."
"Clarens en die omgewing is baie mooi en ons sal dit graag in al die seisoene wil besoek. Dit het iets vir almal se belangstelling."
"Langenhovenpark het restaurante van goeie gehalte en is 'n puik basis vanwaar die res van Bloemfontein besoek kan word."
"Soos die meeste van die Vrystaat, is Clarens altyd vriendelik en verwelkomend. Oor die algemeen is Clarens 'n stukkie hemel op aarde."
"By elke robot is daar 'n lig wat nie werk nie. Was teleurgesteld om te sien dat die sypaadjies se tuine sigbaar onbewerk was. "
"Harrismith on it's own has a lot to offer but the roads in town leave a lot to be desired. The petrified tree across the unkept park has some fascinating facts to consider. Lovely church buildings. Ample shops and petrol stations. There are enough accommodation establishments for all types of travellers"
"Real tourist little dorpie. Cater for the middle class person/family."
"Harrismith is 'n mooi dorp met baie geskiedenis maar dit is duidelik dat die munisipaliteit nie omgee oor onderhoud nie. Die monumente is in 'n toestand, dit stink en is vuil in die omliggende area. Dit is ook duidelik dat baie van die klein besighede swaar kry. "
"Clarens is beslis een van die Vrystaatse Toeristemegas. Die besighede en mense van Clarens is baie vriendelik. Ons het heerlik van winkel tot winkel gestap. Een plus punt is dat mens jou voertuig kan parkeer en stap. Ons het heerlik gekuier in hierdie pragtige dorp. Net jammer dit het nie gesneeu nie, maar ons het die Vrystaatse koue beleef."
"Petrusburg is klein, rustige en skoon dorpie. Definitief vir die wat net wil rustig wees en nie te veel doendinge op lys het nie. Ideaal vir oornag op die langpad. "